Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) Komende ná die Ermelo-hofsaak waarin die laaste oorblywende Afrikaanse hoërskool in die Oos-Transvaal gedwing word om Engelse klasse in te stel, getuig minister Pallo Jordan se uitspraak dat die ANC "Afrikaans sal bevorder" van ‘n humorsin, sy dit dan wrang. Afrikaans figureer feitlik nêrens meer as amptelike taal in die

Lees verder: Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin

Afrikaners en die buiteland

Met belangstelling het ek van die menings op u webblad kennis geneem. Dit is duidelik dat Afrikanereenheid steeds 'n byna onmoontlike doelstelling is, dat misdaad en die stryd daarteen die denke oorheers en dat Afrikaners in hul geboorteland om regmatige erkenning moet stry.

Nie 'n enkele van hierdie sake interesseer buitelanders ook maar vir een oomblik nie. Ja, die media gee hier en daar aandag aan die agteruitgang van Afrika maar altyd teen die agtergrond van "die resultaat van apartheid, verdrukking van swartes, die gevolge van slawerny en diskriminasie in die verlede." Baie Afrikaners praat uiteindelik maar mee in die koor.

Dit is opvallend dat ook diegene wat Afrika ken (dit behoort tog veral Afrikaners te wees nie waar nie ?) geen duidelik gemotiveerde en omlynde verklaring vir die geweldskultuur en misdaadeskalasie in Suid-Afrika maar ook die hele swart Afrika, gee nie. Die lied van die bogenoemde koor kry geen teëgeluid nie. Bly die "apartheid, diskriminasie, uitbuiting, kolonialisme, slawerny" koor die botoon sing, dan het die Afrikaner by name verloor, heeltemal verloor en sal hy altyd met die gevolge van sy politieke verlede gekonfronteer bly. Vanuit propaganda oogpunt gesien wen die ANC en Mbeki steeds.

Dat die res van die wêreld Afrika afgeskryf het is bekend. Weinig stel belang om die toestand te vebeter. Afrika moet homself met sy eie skoenveters oplig.

Vanuit die buiteland gesien (waar ek woon) is Afrika 'n enigma en die Afrikaners 'n onbeduidende tragiese oorblyfsel van 'n tydperk. Die oomblik as hierdie besef tot 'n mens deurdring dan emigreer jy – soos baie Afrikaners dan ook doen. Dit is 'n geldige en waardevolle antwoord op 'n oorlewingsprobleem wat in werklikheid soos 'n swart afgrond lyk.

Lees verder: Afrikaners en die buiteland

Madame Butterfly “rassisties”

‘n Vooraanstaande Britse operakenner, prof Roger Parker van King’s College, het Puccini se Madame Butterfly as  “rassisties”  bestempel. Dié uitspraak kom op die vooraand van ‘n nuwe produksie van die opera in Londen.  Volgens ‘n berig wat in The Daily Telegraph gepubliseer is, stel prof Parker voor dat ‘n moderne weergawe van die opera geskryf

Lees verder: Madame Butterfly “rassisties”

Gee jou hart vir die DRK

Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, het vanoggend ‘n beroep op Suid-Afrikaanse besigheidslui gedoen om die ekonomie van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te help opbou. Deur in die DRK te belê, kan Suid-Afrikaanse maatskappye werk skep en Kongolese bannelinge na die land teruglok. Infrastruktuur en paaie bied vele geleenthede aan die Suid-Afrikaanse sakesektor. Lekota

Lees verder: Gee jou hart vir die DRK

Wie sal tog die regses regsien?

ImageIn een van die beste dog onbedoeld komiese skrywes van die jaar, skryf ene Evelyn D die volgende juweel op die Litnet-blad: Wie sal tog die regses regsien?

Lees verder: Wie sal tog die regses regsien?

Geweld teister Kenia

Nairobi loop deesdae onder ’n ongekende vlaag geweld deur. In die laaste tyd is ’n bejaarde Amerikaanse sendeling en haar dogter met outomatiese masjiengewere afgemaai. In nog ’n insident het onbekendes onverwags op motoriste begin vuur en ’n vigs-wetenskaplike, asook nog twee persone (waarvan een op krukke), is dood. Die stad staan al lankal as

Lees verder: Geweld teister Kenia

Ermelo: Voorspelbare uitspraak deur drie anti-Afrikaanse regters

Die voorspelbare uitspraak van drie anti-Afrikaanse regters in Pretoria teen die Hoërskool Ermelo se reg om sy eie taalmedium te bepaal, lui die doodsklok vir Afrikaanse skole, maar ook vir die polities korrekte optimisme rondom die veelgeroemde Suid-Afrikaanse grondwet. Hierdie uitspraak wat glo "enkele minute geduur het", het korte mette gemaak met enige hoop dat Afrikaners hul in die toekoms na die hof sou kon wend om hul taalregte gehandhaaf te sien.

Hierdie was nie ‘n saak tussen ouers nie, maar tussen die minister van onderwys en ‘n Afrikaanse skool. Boonop het die onderwysdepartement besluit om Ermelo te dwing om Engelstalige leerlinge te aanvaar terwyl ‘n kloosterskool op die dorp leegstaan wat maklik vir ‘n Engelse hoërskool gebruik sou kon word.

PRAAG spreek sy solidariteit met die kinders, onderwysers en ouers van Hoërskool Ermelo uit. U stryd is ons s’n. Al is die magte hoe groot wat teen die Afrikaanse taal, kultuur en ons voortbestaan in die land gemonster is, ons sal nie gaan lê nie. Die stryd vir Afrikaans en vir ons voortbestaan as volk met ‘n eie identiteit, kultuur, letterkunde, geskiedenis en tradisies het nou maar eers begin.

Lees verder: Ermelo: Voorspelbare uitspraak deur drie anti-Afrikaanse regters

Afrikanerraad in sig?

Volgens prof. Danie Goosen, sameroeper van ’n Forum van Afrikaanse organisasies, is ’n “deurbraak gemaak” op die pad na ’n verteenwoordigende Afrikanerraad tydens ’n vergadering op 7 Februarie. Oor die afgelope aantal jare is ’n verskeidenheid inisiatiewe vir ’n Afrikanerraad geloods, maar elkeen het tot dusver versand weens verdeeldheid en die onwilligheid van organisasies en individue om met mekaar saam te werk.

Organisasies wat op 7 Februarie hul steun aan die gedagte van ’n Afrikanerraad toegesê het, is onder andere (met die naam van die verteenwoordiger in hakies): AB (Stoffel van der Merwe), Afrial (Anton Knoetze), AfriForum (Kallie Kriel), Dames Aktueel (Rina Auckamp), Dames Kring (Chrissie Naudé), FAK (Danie Goosen, Roland Henwood), Kommissie vir Gemeenskapsregte (Chris Landman), Orania-beweging (Frans de Klerk, Carel Boshoff iv), Rapportryers (Rudi Schultze), SAOU (nog onseker) en die Voortrekkers (Piet Strauss).

Instansies wat volgens Goosen nog binne die konteks van die Forum uitstaande is, is die Erfenisstigting (Gert Opperman), VRA (KoosMalan) en die JJD.

Naas die FAK se huidige inisiatief is Praag reeds vier jaar lank besig met gesprekke en aanvoorwerk om ’n Afrikanerraad tot stand te bring. Ná aanvanklike byeenkomste in die Ou Raadsaal op Kerkplein vanaf 31 Mei 2003, is ’n Konfederale Afrikanerforum gestig waaruit ’n Tussentydse Afrikanerraad ontstaan het. Praag en die Afrikaner-alliansie het ook in Desember 2005 ’n samewerkingsooreenkoms onderteken om ’n Afrikanerraad tot stand te bring.

Lees verder: Afrikanerraad in sig?