In aanloop tot 16 Junie (sogenaamde Jeugdag) het die regime reeds met sy jaarlikse intensifisering van haatpropaganda teen die Afrikaner begin. In die week wat verby is, is Snuki Zikelala, hoofuitvoerendebeampte van die SAUK, genooi om op SABC3 se Three Talk die biografie van Albert Luthuli te bespreek. Die pseudo-intellektule snert wat hierdie diktotariele staatsmediahoof kwytgeraak het was niks minder as die verdere aanwakker van rassehaat nie. Hierdie ANC-kommisaris in die Sowjetsin, wat beter bekend is vir die opstel van joernalistieke swartlyste, is waarskynlik die hoofdryfveer agter die SABC se blankehaatpropaganda.
Verlede jaar is 16 Junie ook voorafgegaan deur die beeldsending van anti-witmateriaal. Die aard daarvan was meer rassisties as die jaar tevore. Hierdie aanhitsing deur die SAUK het sekerlik ’n rol gespeel in die dramatiese opswaai in geweldsmisdaad sowat ’n maand na 16 Junie.

Vanmiddag het ek die eerste helfte van die Springbokke se rugbywedstryd teen Engeland gekyk en dit agterna afgesit omdat dit my nie werklik kon skeel wie wen nie. Nietemin het dit my weereens getref hoe die ANC sport en sportboikotte teen ons gebruik het om die Afrikaner ten eerste te isoleer en ten tweede van sy identiteit te ontneem sodat hy tans byna volkome oorheers word.