Microsoft Word-verkope verbied

Image

Microsoft is deur 'n Amerikaanse Federale Hof beveel om meer as $290 miljoen te betaal vir die skending van 'n patent wat deur die Kanadese firma i4i gehou word.

Lees verder: Microsoft Word-verkope verbied

Kernwapenvrye Afrika-verdrag bekragtig

Dertien jaar nadat dit ter tafel gelê is, is die Kernwapenvrye Afrikasoneverdrag Woensdag bekragtig, het die Instituut vir sekerheidstudies (ISS) verklaar. Dit volg nadat Boeroendi verlede maand die verdrag ook aanvaar het. "Die verdrag wat die hele Afrikakontinent sowel as die omringende eilande insluit, vereis dat geen kernwapens in enige Afrikaland ontwikkel, vervaardig, getoets, aangekoop

Lees verder: Kernwapenvrye Afrika-verdrag bekragtig

Tutu met hoogste Amerikaanse toekenning vereer

President Barack Obama het die VSA se hoogste burgerlike toekenning aan 16 "agente van verandering" oorhandig. Ontvangers van die Medal of Freedom sluit Aartsbiskop Desmond Tutu, Stephen Hawking, Moehamed Yunus van Bangladesh en voormalige Ierse president Mary Robinson in. 'n Withuisverklaring oor die keuse van Tutu, verwys na sy "onblusbare toewyding aan geregtigheid, ewige optimisme

Lees verder: Tutu met hoogste Amerikaanse toekenning vereer

Rapport en Afrikaans se joernalistieke krisis

Image

Die afgelope naweek het Rapport bekendgemaak dat hy sy internetuitgawe later beskikbaar stel in 'n poging om vas te stel of die sirkulasie van die koerant se papieruitgawe deur die aanlynweergawe beïnvloed word.

Ook is die koerant se internetlesers in 'n opname gevra of hulle bereid sou wees "om vir Rapport se aanlyn-inhoud te betaal". Agt-en-tagtig persent van die aanlynlesers het egter geantwoord dat hulle nie bereid is om te betaal nie.

Lees verder: Rapport en Afrikaans se joernalistieke krisis

Derde varkgriepsterfgeval in SA

Image

Varkgriepvirusse onder die mikroskoop

Die Nasionale instituut vir oordraagbare siektes het gister die land se derde H1N1-griepgeval, wat algemeen as varkgriep bekendstaan, bevestig.

Lees verder: Derde varkgriepsterfgeval in SA

Gedwonge integrasie vir New York-voorstad

Westchester County in New York, 'n voorstad wat hoofsaaklik deur blankes bewoon word, het geswig onder druk om gedwonge rasse-integrasie te begin toepas. Die voorstad se munisipaliteit is deur 'n Anti-diskriminasiesentrum gedagvaar om gesubsidieerde behuising vir swartes en Spaanssprekende kleurlinge te verskaf.

Lees verder: Gedwonge integrasie vir New York-voorstad

Zuma ontken dat Zoeloe-etnisiteit rol speel

Zuma het Dinsdagaand tydens 'n onderhoud op MetroFM geskerm dat hy bekwaamheid eerder as etnisiteit as 'n maatstaf sien. Zuma het gereageer op beskuldigings dat hy veral Zoeloes aanstel en ook dat die debat oor minderhede voorkeur geniet bo belangrike ekonomiese kwessies. “Sodra die land begin argumenteer oor etnisiteit, beweeg ons in ’n gevaarlike rigting,”

Lees verder: Zuma ontken dat Zoeloe-etnisiteit rol speel

125 000 vuurwapens vir vernietiging ingehandig

Volgens die minister van polisie, mnr. Nathi Mthethwa, is 125 716 wettige vuurwapens vanaf 1 Julie 2004 tot 31 Desember 2008, by polisiestasies ingedien om vernietig te word. Hy het op ‘n skriftelike vraag van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement geantwoord. Volgens die antwoord van die minister het die polisie ook vandat die nuwe vuurwapenwet op 1 Julie 2004 in werking getree het tot 30 Junie 2009, op 104 880 onwettige vuurwapens beslag gelê.

Lees verder: 125 000 vuurwapens vir vernietiging ingehandig

Mona Lisa kry beker in die gesig

Image

Die Mona Lisa deur Leonardo da Vinci

‘n Russiese besoeker aan die Louvre Museum het ‘n leë gebaktekleibeker na die Mona Lisa gegooi.

‘n Woordvoerder van die museum het bevestig dat die Da Vinci-meesterstuk niks in verlede week se aanval oorgekom het nie, alhoewel die beker in stukke gebreek het.

Lees verder: Mona Lisa kry beker in die gesig