praag.co.za

Tutu met hoogste Amerikaanse toekenning vereer

President Barack Obama het die VSA se hoogste burgerlike toekenning aan 16 "agente van verandering" oorhandig. Ontvangers van die Medal of Freedom sluit Aartsbiskop Desmond Tutu, Stephen Hawking, Moehamed Yunus van Bangladesh en voormalige Ierse president Mary Robinson in.

'n Withuisverklaring oor die keuse van Tutu, verwys na sy "onblusbare toewyding aan geregtigheid, ewige optimisme en onmiskenbare sin vir humor". Die aartsbiskop het, volgens die Withuis, "die wêreld se gewete vir dekades geroer" en "gehelp om Suid-Afrika deur 'n draaipunt in die moderne geskiedenis te lei".

 
Obama het Tutu vir sy "oeboentoe" geloof, 'n woord waaran die Amerikaanse president kennelik groot waarde heg. 
 
Tutu het 'n belangrike rol gespeel om die wit minderheidsregering in Suid-Afrika tot 'n val te bring.

Die Withuis het Hawking geloof vir sy "volgehoue soeke na kennis" ten spyte van sy liggaamlike terugslae. Hy het "bygedra tot die grootste wetenskaplike ontdekkings van ons tyd".

Yunus is uitgesonder omdat hy baanbrekerswerk verrig het tov mikrofinansiering vir die wêreld se armes en Robinson vir haar morele stryd teen diskriminasie en lyding. Die Withuis het haar as 'n "kragtige voorstander van gelykheid en menseregte regoor die wêreld" beskryf.

Van die Amerikaners wat die toekenning ontvang het is Sen. Edward M. Kennedy en swart filmster Sidney Poitier. "Wat hulle deel is 'n geloof dat ons lewens is wat ons daarvan maak, dat geen rassegrense, geslag of fisieke gestremdhede die menslike gees kan terughou nie en dat die grootste toetes vir 'n mens se lewe is wat ons vir ander doen," het Obama tydens die toekenningseremonie gesê.

President Harry S. Truman het die Medal of Freedom ingestel in 1945 om burgerlikes te vereer vir uitstaande diens tydens die Tweede Wêreldoorlog.

President John F. Kennedy het die toekenning in 1963 heringestel om voortreflike diens te beloon.

прожектор 100Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply