ANC-jeug wil hê Caster moet steeds as ”n meisie hardloop’

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê die organisasie gaan hom daarvoor beywer dat die omstrede 800m-atleet Caster Semenya steeds as “‘n meisie kan hardloop”. Malema het gisteraand by ‘n dinee ter viering van die ANC-jeugliga se 65ste bestaansjaar by die Johannesburgse Buiteklub gepraat. Die Jeugliga het Semenya en die die Wêreldkampioenskapsmedaljewenners Khotso Mokoena

Lees verder: ANC-jeug wil hê Caster moet steeds as ”n meisie hardloop’

‘Opkomende boere’ mors R100 miljoen

‘n Bedrag van R100 miljoen wat vir swart bemagtiging in die Landbou (AgriSEB) bestem was, is glo gebruik om spogmotors en huise te koop. Die AgriSEB-fonds is bedoel vir landbouprojekte, waaronder ‘n ondersteuningsgroep wat beplan om kos te kweek vir MIV/vigs-lyers en weeskinders. Die geld is deur die department van landbou na die Landbank oorgedra.

Lees verder: ‘Opkomende boere’ mors R100 miljoen

Steun vir BNP styg sterk in Brittanje

Byna ‘n kwart van volwassenes sou dit oorweeg om vir die regse Britse Nasionale Party te stem, het ‘n meningsopname vandag getoon, ná die partyleier se omstrede deelname aan ‘n BBC-TV-program. Die YouGov-opname vir die Britse koerant, die Daily Telegraph, wat gedoen is nadat die BNP-voorsitter Nick Griffin Donderdag vir die eerste keer op “Question

Lees verder: Steun vir BNP styg sterk in Brittanje

Viserektor van Kovsies vaar uit teen ‘kolonialisme en apartheid’

Die ideologiese transformasie van die Universiteit van die Vrystaat het so vinnig plaasgevind dat die viserektor, prof. Teuns Verschoor, hom tot “‘n stryd teen die gevolge van kolonialisme en apartheid” verbind het. Verschoor het die pas aangestelde kleurlingrektor, Jonathan Jansen, as ‘n “gerespekteerde en geliefde rektor” verwelkom. Hier volg die volledige teks wat Verschoor aan

Lees verder: Viserektor van Kovsies vaar uit teen ‘kolonialisme en apartheid’

Swart atlete sukkel na uittrede

Sports Illustrated, ‘n tydskrif gewild by swartes in die VSA net soos wat Popular Mechanics ‘n tydskrif gemik op die wit leser is, het onlangs ‘n interessante artikel die lig laat sien waarin hulle spekuleer waarom atlete bankrot raak. How Athletes Go Broke, wat hoofsaaklik op swartes fokus, toon aan hoe swart atlete binne ‘n

Lees verder: Swart atlete sukkel na uittrede

Tutu kry seksvoorligting

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het ‘n les gekry in seksvoorligting by die eerste verjaarsdag van die Tutu Tester, ‘n mobiele MIV- en TB-kliniek. Die Tester, wat ook berading voorsien, is ‘n projek van die MIV-stigting waaraan Tutu se naam gekoppel is. Alhoewel die kliniek reeds ‘n jaar gelede op die pad gesit is en reeds

Lees verder: Tutu kry seksvoorligting

GDK gaan Kriegler teenstaan

Die Geregterlike Dienskommissie, GDK, sal die oudregter Johann Kriegler se nuutste aansoek teen die uitslag van die saak teen regterpresident John Hlophe teenstaan. “Ons is teen Kriegler se aansoek,” het Marumo Moerane, GDK-woordvoerder, Donderdag aan die media gesê. Volgens Moerane het die GDK vir Vincent Maleka en drie ander regsgeleerdes aangestel om hulle in die

Lees verder: GDK gaan Kriegler teenstaan

ANC oorsaak van chaos op plaaslike vlak

Die minister van koöperatiewe regering, Sicelo Shiceka, se bekendmaking van ‘n verslag oor plaaslike regering is Donderdag deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. “Die erkenning dat die chaos in plaaslike regering die gevolg is van die ANC se jare lange beleid om kaders, eerder as professionele kundigheid, te ontplooi, is ‘n dapper erkenning”, het die party

Lees verder: ANC oorsaak van chaos op plaaslike vlak

12 vas na oproer

Twaalf mense is in hegtenis geneem tydens geweldadige betogings in Riverlea, het polisie Donderdag gesê. Insp. Gordon Billing sê die betogers het teen 04:00 begin betoog en polisie moes rubberkoeëls gebruik om die skare uitmekaar te jaag. “Dit was onverwags, ons was nie bewus van enige betogings nie,” het Billing gesê. Dié betogings het glo

Lees verder: 12 vas na oproer