VSA ondersteun nie Tibetaanse onafhanklikheid nie

China het Amerika Sondag gekritiseer oor pres. Barack Obama se ontmoeting met die Dalai Lama en gesê dit kom neer op inmenging in China se binnelandse sake. Dit het glo die verhouding tussen China en Amerika belemmer. Dié skerp bewoorde verklaring van China se minister van buitelandse sake is uitgereik slegs ure nadat die Tibettaanse

Lees verder: VSA ondersteun nie Tibetaanse onafhanklikheid nie

Solidariteit se toetrede kan tot chaos lei

Brandstoftekorte kan vererger met skole wat dié week heropen asook Solidariteit wat tot die staking toegetree het. Die uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging (Sapia), Avhapfani Tshifularo, het gesê Solidariteit se toetrede tot die staking kan ‘n impak op brandstofproduksie hê. Hy het aan Media24 gesê: “Ek het gehoor daar is sprake dat hulle produksie gaan

Lees verder: Solidariteit se toetrede kan tot chaos lei

ANC te sag oor korrupsie sê Mantashe

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het in ‘n dokument geskryf ‘n waarskuwing gerig dat die regerende party “te sag” is oor korrupsie, berig die Sunday Independent. Mantashe het gesê om bewerings [van korrupsie] teen ANC-lede te verwerp, skaad die beeld van die ANC. “Te veel hoëprofiel sake en bewerings teen ons lede, help glad

Lees verder: ANC te sag oor korrupsie sê Mantashe

Polisiehoof bedank oor bande met Murdoch

Die mees senior polisiebeampte in Brittanje, Paul Stephenson, het Sondag bedank ná aantygings oor Scotland Yard se bande met Rupert Murdoch se empaaier te midde van die afluisterskandaal. “Ek het vanmiddag die minister van binnelandse sake en die burgemeester ingelig van my voorneme om te bedank as kommissaris van die Metropolitaanse Polisiediens,” het Stephenson in

Lees verder: Polisiehoof bedank oor bande met Murdoch

Malema se inkomstebron gaan ondersoek word

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is versoek om die geldsake van Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, te ondersoek. Die DA het die ondersoek aangevra nadat dit aan die lig gekom het dat Malema ‘n huis van R16 miljoen in die Johannesburgse rykmansbuurt Sandown bou. “Ek sal ‘n brief skryf en vra dat sy finansies ondersoek

Lees verder: Malema se inkomstebron gaan ondersoek word

Anton van Niekerk se oneerlikheid is nie nuut nie

Die pak slae wat Anton van Niekerk in sy kantoor op die lyf geloop het (Beeld, 16 Junie) is simptomaties van ‘n groeiende onvergenoegdheid met meningsmouse soos hy wat hulle rug op die verlede van hulle eie mense draai. Dit is die politiek korrektes soos Van Niekerk wat die huidige politieke orde goedsmoeds vergoeilik en

Lees verder: Anton van Niekerk se oneerlikheid is nie nuut nie

Van Niekerk-insident die resultaat van Naspers-monopolie

Die onlangse voorval waartydens ‘n vuisgeveg tussen mnr. Abel Malan en prof. Anton van Niekerk van die Stellenbosse Universiteit ontstaan het, is regstreeks te wyte aan die verdeeldheid en onverdraagsaamheid wat die Naspers-monopolie onder Afrikaners veroorsaak. Die aanleidende oorsaak tot die voorval was ‘n artikel deur Van Niekerk waarin hy historiese morele skuld op Afrikaners

Lees verder: Van Niekerk-insident die resultaat van Naspers-monopolie

Volgehoue aanslag op Afrikanerwaardes rede vir professor se pak slae

Die pak slae wat mnr Abel Malan vir prof Anton van Niekerk gegee het, is ‘n uiting van die opgeboude frustrasie van die Afrikaner oor die aanhoudende fisiese en sielkundige aanslag wat reeds dekades lank op ons volk gemaak word. Dit dra soveel meer betekenis dat dit juis in Stellenbosch gebeur het, want dit was

Lees verder: Volgehoue aanslag op Afrikanerwaardes rede vir professor se pak slae