Die netto resultaat van Van Niekerk se artikel in Beeld is dat nog ‘n witman in die tronke van die huidige SA sal verrot, om die politieke klimaat nog warmer te maak.
Daar is veral onder akademici ‘n diepgesete oneerlikheid wat nie net eie aan post-apartheid-SA is nie. In Buenos Aires waar ek 5 jaar gewoon het en waar bykans negentig persent van die bevolking op ‘n stadium vir Perron gestem het, was dit na Perron haas onmoontlik om ‘n Perronis te vind. In Chili waar ek ook geakkrediteer was, is Pinochet op ‘n stadium verheerlik en later verguis. In Duitsland waar ek tot 1993 gewerk het, is dit ondenkbaar dat iemand sou erken dat hy/sy ‘n Hitlerondersteuner was. Tog het meer as negentig persent van die bevolking op ‘n gegewe stadium ten gunste van die Nasionaal-sosialisme ‘n kruisie gemaak.
Terug by SA: almal wat my ken weet dat ek sedert eerste minister J. Vorster nie ‘n ondersteuner van die NP was nie. Desondanks moet ek eerlik sê dat dit alles behalwe die agenda van die NP was om die swartes ten gronde te rig.
Kortom: Hendrik Verwoerd se nageslag het in Orania die bewys gelewer dat ‘n beleid van afsonderlike vryhede in ‘n veelvolkige land soos SA eties verantwoord kan word. Dieselfde kan van Kleinfontein buite Pretoria gesê kan word. Daarenteen het die swart etniese groeperinge misluk om grondwetlike inhoud aan hulle tradisionele gebiede te verleen.
Van die etiese debat in die sestigerjare weet Anton van Niekerk klaarblyklik niks en is sy ideologiese tirade teen die vorige orde gebaseer op mites en nie op feite en waardes nie. Die beste wat hy kan doen, is om te swyg!
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.