Van Niekerk-insident die resultaat van Naspers-monopolie

Die onlangse voorval waartydens ‘n vuisgeveg tussen mnr. Abel Malan en prof. Anton van Niekerk van die Stellenbosse Universiteit ontstaan het, is regstreeks te wyte aan die verdeeldheid en onverdraagsaamheid wat die Naspers-monopolie onder Afrikaners veroorsaak.

Die aanleidende oorsaak tot die voorval was ‘n artikel deur Van Niekerk waarin hy historiese morele skuld op Afrikaners en blankes pak. Méér nog, in die artikel maak Van Niekerk hom skuldig aan revisionisme oor die totalitêre stelsel van kommunisme wat in Oos-Europa gegeld het en wat deur die wêreldgemeenskap, asook deur verskeie onlangse Russiese presidente, as ‘n “skandvlek” verwerp is.

Ook vanweë sy verraad teenoor die Afrikaanse taalgemeenskap, het die Universiteit van Stellenbosch en sy dosente ‘n simbool geword van die morele en intellektuele verrotting van ‘n sekere Afrikaner-elite wat hom opportunisties aan die kant van die huidige maghebber geskaar het. Die joernalistiekskool aan dié universiteit produseer die soort wêreldvreemde, anti-Afrikanerjoernaliste wat agterna hul magsposisies by die Nasperskoerante misbruik om gewone Afrikaners te verguis en te belaster in die naam van hul neo-Marxistiese ideologie.

Sowel die US as Naspers het al oor en oor hul onverdraagsaamheid teenoor menings wat hoegenaamd van hul onsinnige dogmas afwyk, gedemonstreer. Van Niekerk se artikel was ‘n stuk propaganda wat enige opregte intellektueel of dosent onwaardig is en die klakkelose publikasie daarvan deur Beeld en Die Burger het op die soveelste witskuldorgie en “sielkundige operasie” teen die lydende Afrikanerbevolking gedui.

Hoewel mnr. Abel Malan se gebrek aan selfbeheersing nie goedgepraat kan word nie, getuig dit van die algemene frustrasie wat Afrikaners teenoor die media- en akademiese Gauleiters van ‘n sadistiese regime voel. En hier, ter verheldering vir die halfgeletterde woordverwerkers wat uit Stellenbosch se ideologiefabriek stroom, bedoel ons “sadisties” in ‘n psigopatologiese sin.

Die moontlikheid dat geweld tussen Afrikaners baie verder as blote vuisgevegte kan uitkring, bestaan solank as wat die onhebbelike mediamonopolie in Afrikaans voortduur. Die mees winsgewende koerant in Brittanje is so pas weens die onetiese gedrag van sy redaksie gesluit.

Naspers se winsgewendheid, asook die lewenslange aanstellings van radikale professore aan die US, verskaf hul geensins carte blanche om met hul provokasie en belastering van Afrikaners voort te gaan nie.

автомойка купитьЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae