Solidariteit se toetrede kan tot chaos lei

Brandstoftekorte kan vererger met skole wat dié week heropen asook Solidariteit wat tot die staking toegetree het.

Die uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging (Sapia), Avhapfani Tshifularo, het gesê Solidariteit se toetrede tot die staking kan ‘n impak op brandstofproduksie hê.

Hy het aan Media24 gesê: “Ek het gehoor daar is sprake dat hulle produksie gaan stop, maar dit is nog nie bevestig nie. ‘n Sekere aantal werkers moet weens veiligheidsredes by die produksieproses betrokke wees.”

Tshifularo het gesê hulle weet nie hoeveel van Solidariteit se lede hulle by die staking gaan aansluit nie, maar indien genoeg lede staak, sal die produksie van brandstof tot stilstand gedwing word. 

Nooddienste se tekorte, soos ambulanse sonder brandstof, kan die situasie in die land kommerwekkend laat versleg en tot chaos lei.

Dr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het gesê die staking van Solidariteit-lede sal hoofsaaklik Sasol en PetroSA raak.

“Ons lede is betrokke by die vervaardiging van brandstof. Waar Suid-Afrikaners tot dusver slegs probleme ervaar het om brandstof by vulstasies te kry, sal ‘n mens nou vind dat daar nie langer brandstof vervaardig gaan word nie.”

Reggie Sibiya, uitvoerende hoof van die brandstofkleinhandelaarsvereniging (FRA), sê meer as 200 vulstasies in Gauteng en 50 vulstasies in KwaZulu-Natal het alreeds drooggeloop. Sommiges is nou vir die sesde dag sonder brandstof.

Motoriste in die binneland het die naweek bontgestaan om hul voertuie se brandstoftenks te vul, maar vulstasies in Johannesburg en Pretoria moes motoriste wegwys omdat daar geen brandstof beskikbaar is nie.

 

 

 

купить тамбов пистолеты продувочныепрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae