ANC te sag oor korrupsie sê Mantashe

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het in ‘n dokument geskryf ‘n waarskuwing gerig dat die regerende party “te sag” is oor korrupsie, berig die Sunday Independent.

Mantashe het gesê om bewerings [van korrupsie] teen ANC-lede te verwerp, skaad die beeld van die ANC.

“Te veel hoëprofiel sake en bewerings teen ons lede, help glad nie. Ons kan dit verwerp, maar die skade wat dit die ANC se beeld berokken, is groot.”

Mantashe het dié uitlatings in ‘n verslag van 99 bladsye vir die ANC se lekgotla, wat Sondag ten einde geloop het, gemaak.

“Een kwessie wat aanhoudend te voorskyn kom in die verkiesingsnavorsing, selfs onder ons getroue ondersteuners, is dat die ANC te sag is oor korrupsie en na sy eie [lede] kyk,” het Mantashe verder gesê.

“Dít vereis ‘n stelsel om die bewerings te ondersoek en sal ‘n boodskap uitstuur dat die ANC nie korrupsie gaan duld nie.”

Dié waarskuwing kom te midde toenemende druk op pres. Jacob Zuma om teen Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, en genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof op te tree.

Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het verlede week bevind dat hulle verantwoordelik is vir wanadministrasie rakende die huurkontrakte vir nuwe polisiekantore in Pretoria en Durban.

Cosatu en opposisiepartye het Cele en Mahlangu-Nkabinde se bedankings geëis.

линейные светодиодные светильникипрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae