praag.co.za

Polisiehoof bedank oor bande met Murdoch

Die mees senior polisiebeampte in Brittanje, Paul Stephenson, het Sondag bedank ná aantygings oor Scotland Yard se bande met Rupert Murdoch se empaaier te midde van die afluisterskandaal.

“Ek het vanmiddag die minister van binnelandse sake en die burgemeester ingelig van my voorneme om te bedank as kommissaris van die Metropolitaanse Polisiediens,” het Stephenson in ‘n verklaring gesê.

Die Britse polisie het onder skoot gekom vir hul hantering van die stygende krisis en Stephenson self het Sondag aantygings oor sy bande met Murdoch moes trotseer.

Stephenson word in verslae met Neil Wallis, voormalige adjunkredadekteur van News of the World verbind. Luidens die verslae het die polisiehoof vroeër vanjaar ‘n aanbod aanvaar om vir vyf weke by ‘n luukse spa, waar Wallis as ‘n openbare betrekkinge-konsultant gewerk het, te bly.

Die polisiemag moet reeds bontstaan vir vrae oor waarom Wallis as ‘n raadgewer aangestel is, twee maande nadat hy by dié poniekoerant bedank het. Wallis is verlede week in hegtenis geneem.

“Ek het hierdie besluit geneem as gevolg van die hardnekkige gerugte en aantygings oor die Met se bande met News International op ‘n senior vlak en veral met mnr. Neil Wallis, wat, soos julle weet, verlede week tydens Operasie Weeting in hegtenis geneem is,” het hy gesê.

Hy het egter daarop aangedring dat hy niks onbetaamliks gedoen het nie.

“Laat ek dit duidelik stel: ek en die mense wat my ken, weet dat my integriteit heeltemal ongeskonde is,” het Stephenson bygevoeg.

“Ek mag dalk wens dat ons sekere dinge anders hanteer het, maar ek sal nie slaap verloor oor my persoonlike integriteit nie.”

куклы барбіЛобановский

Comments

Leave a Reply