praag.co.za

Malema se inkomstebron gaan ondersoek word

Written by

in

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is versoek om die geldsake van Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, te ondersoek.

Die DA het die ondersoek aangevra nadat dit aan die lig gekom het dat Malema ‘n huis van R16 miljoen in die Johannesburgse rykmansbuurt Sandown bou.

“Ek sal ‘n brief skryf en vra dat sy finansies ondersoek word. Die tyd het aangebreek. Dit is onmoontlik vir iemand wat ‘n salaris van R25 000 verdien om ‘n banklening van R16 miljoen te kry,” het ‘n woordvoerder gesê.

“‘n Ondersoek moet gedoen word om vas te stel waar die geld vandaan kom. As iemand vir hom geld gee, moet ons weet wie dit is.”

Die Sunday Independent het berig dat Malema ‘n huis op die erf in Sandown, wat hy in 2009 gekoop het, laat sloop het, en ‘n nuwe moderne spoghuis bou.

Die ANC-jeugliga weier om kommentaar te lewer oor Malema se nuwe huis.

Die ANC het ook vroeër vanjaar gevra vir ‘n ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat regeringstenders onwettig aan maatskappye, wat aan Malema verbind word, toegeken is.

lego friends купить киевДанильченко Харьков

Comments

Leave a Reply