Laseropspoorder by vloot gesteel

Die minister van verdediging en militêre veterane, me. Lindiwe Sisulu, het erken dat ‘n laser-opspoorder van die fregat, Amatola, gesteel is. Sy het dit erken in antwoord op ‘n amptelike vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement. Die diefstal van die apparaat was reeds aangemeld in Julie 2005, maar ‘n Raad

Lees verder: Laseropspoorder by vloot gesteel

Amnestie sê SA se menseregte lyk bedroewend

Korrupsie en nepotisme beïnvloed dienslewering in Suid-Afrika, het Amnestie Internasionaal Donderdag gesê . “Korrupsie en nepotisme belemmer die gemeenskap se toegang tot behuising en dienste, lei tot die ineenstorting van munisipale owerhede en tot wydverspreide protes onder geaffekteerde gemeenskappe,” lees ‘n verslag van Amnestie Internasionaal oor menseregte in Suid-Afrika. “Aanhoudende armoede, stygende vlakke van werkloosheid,

Lees verder: Amnestie sê SA se menseregte lyk bedroewend

Gevangenes moet menslike ontlasting eet

Die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Woensdag aangedring op ‘n volledige verslag nadat drie gevangenes in Boksburg glo menslike ontlasting moes eet. “Minister Mapisa-Nqakula sal verdere stappe neem sodra sy al die inligting rakende die voorval ontvang het,” het Sonwabo Mbananga, haar woordvoerder, gesê. “Die minister is vasberade om die ondersoek te laat

Lees verder: Gevangenes moet menslike ontlasting eet

Boer by Klerksdorp aangeval

‘n Boer en sy vrou is Donderdagoggend in hulle huis naby Klerksdorp, Noordwes, wreed aangeval, het paramedici gesê. Die 50-jarige boer is deur een van vier rowers in die been geskiet tydens die voorval, wat omstreeks 07:00 plaasgevind het. Die boer en sy vrou is ernstig beseer toe hulle deur die swart aanvallers aangerand is

Lees verder: Boer by Klerksdorp aangeval

Minister sê georganiseerde landbou stryd aan oor grondhervorming

Dit lyk asof georganiseerde landbou hom nou weer in dieselfde spanningsbootjie met die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson, gaan bevind as in die dae van Lulu Xinwana en Dirk du Toit. Die minister het pas via ‘n artikel in Rapport die wittebrood met georganiseerde landbou opgeskort. Dit is egter haar begrip oor feite en verdigsels

Lees verder: Minister sê georganiseerde landbou stryd aan oor grondhervorming

Malema belowe nasionalisering

Die Burger berig dat die nasionalisering van myne, banke en groot nywerhede op die ANC se agenda is, volgens Julius Malema, “Ék sit op die ANC se nasionale uitvoerende komitee, en nasionalisering  is op die ANC se agenda – ek sal weet, ” het die ANC–jeugleier gesê. Die ryk De Beers-diamantgroep van die Oppenheimer-familie is

Lees verder: Malema belowe nasionalisering

M&G krabbel terug oor Moslemspotprent

Die Mail & Guardian het die aftog geblaas oor ‘n spotprent van die profeet Mohammed wat verlede Vrydag in die koerant afgedruk is en groot woede ontlok het van die Moslemgemeenskap. Die weekblad het aanvanklik by monde van die redakteur Nic Dawes gesê hulle staan by die spotprent. Hy het gesê hy sal nie om

Lees verder: M&G krabbel terug oor Moslemspotprent