Die polisie het Dinsdag hul hande vol gehad toe ‘n skare oproeriges in Kagiso gewelddadig geraak het omdat ‘n sesjarige vroeër doodgery is. Oproeriges waarmee die SABC onderhoude gevoer het, het gesê “hulle word doodgemaak”, en “ons kinders word doodgemaak”. Dit was egter nie duidelik wie verantwoordelik gehou word nie. Die kameraspan van die SABC
Openbare vakansiedae hersien
‘n Verslag oor openbare vakansiedae sal binne drie maande aan die Parlement voorgelê word. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en linguïstiese gemeenskappe het sy openbare sittings op Thohoyandou in Limpopo afgesluit. Limpopo was die laaste van die provinsies waar sittings gehou is. Die hoof uitvoerende beampte van
Pragtige eindpoging van Le Clos
Chad le Clos het Suid-Afrika se tweede goue medalje by die Olimpiese Spele in Londen gewen. Le Clos het die 200 meter vlinderslag in ‘n tyd van 1 minuut en 52.95 sekondes afgelê en die wêreldkampioen, Michael Phelps van Amerika moes met die tweede plek tevrede wees. Phelps is tans die suksesvolste Olimpiese swemmer tot
Vierde Boeremaglid skuldig
Die vierde Boermagbeskuldigde is Dinsdag skuldig bevind aan hoogverraad, het Beeld berig. Regter Eben Jordaan het in die Pretoriase hooggeregshof vir Adriaan van Wyk, ‘n rekenmeester, by die Boeremag se staatsgreepplan, dokument 12, ingesluit omdat hy sekere take moes verrig en aangewys is as die bevelvoerder in die Pretoria-omgewing. Lukas van Rensburg, een van die
SANW se geheime fonds van R13miljard
Die weermag spandeer miljarde rand van ‘n spesiale rekening, maar jy sal nie vertel word wat hulle koop nie. Verlede week het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, drie jaar se uitgawes op die Spesiale Verdedigingsrekening (SVR) uit die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gehou, blykbaar om seker te maak dat die besteding geheim bly.
DA dink ‘Fong Kong’ is nie rassisties nie
Die term “Fong Kong” (slêng vir vals of nagemaakte) is aanstootlik en rassisties, sê die ANC-hoofsweep van die Stad van Johannesburg, Prema Naidoo. Hy het gereageer op ‘n artikel in The Star wat beweer dat hy raadslede beskuldig het van rassisme, ‘n bewering wat gelei het tot ‘n uitstappery. Naidoo het gesê hy het verwys
Mormone stam glo af van Israeliete
Die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat probeer gewoonlik om die betekenis van sy Mormoonse geloof effens te onderspeel. Maar omdat Mitt Romney se godsdiens ‘n las vir baie Amerikaanse evangeliese sowel as ander toegewyde Christene is (net die helfte van alle Amerikaners glo Mormone is Christene), kan dit ‘n seën wees as dit by die Jode
Romney in die sop oor ‘suksesvolle Joodse kultuur’
Mitt Romney, Amerikaanse presidensiële kandidaat, het Joodse skenkers Maandag vertel dat hul kultuur deel is van wat hulle ekonomies suksesvol maak, in teenstelling met dié van die Palestyne. Woedende Palestynse leiers het sy kommentaar rassisties en uit voeling genoem. ”As jy hier kom en jy sien die BBP per capita, byvoorbeeld, in Israel wat sowat
Lees verder: Romney in die sop oor ‘suksesvolle Joodse kultuur’
DA suig duim oor ekonomie
Ekonome het die Demokratiese Alliansie se doelwitte van 8% groei as deel van die opposisie party se nuwe ekonomiese plan, bevraagteken. “Agt persent is bereikbaar, maar nie met hierdie plan nie. Hulle maak die regte geluide en politiekery is baie goed, maar dit is nie enigiets inherent anders as wat die ANC aanbied nie,” het
Derde Boeremaglid skuldig bevind
Rooikoos du Plessis, ‘n ingenieur van Brits, is Maandag in Pretoria ook skuldig bevind aan hoogverraad, berig Beeld. Du Plessis is die derde lid van die sogenaamde Boeremag wat aan hoogverraad skuldig bevind is, tesame met Mike en André du Toit. André Wessels, ‘n staatsgetuie, het getuig dat Du Plessis gesê het sy organisasie het
