Mormone stam glo af van Israeliete

Die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat probeer gewoonlik om die betekenis van sy Mormoonse geloof effens te onderspeel. Maar omdat Mitt Romney se godsdiens ‘n las vir baie Amerikaanse evangeliese sowel as ander toegewyde Christene is (net die helfte van alle Amerikaners glo Mormone is Christene), kan dit ‘n seën wees as dit by die Jode kom.

“Mormone sien hulself as hedendaagse Israeliete en erfgename van die beloftes aan Abraham, met ‘n natuurlike affiniteit vir die Jode,” sê Mark Paredes, ‘n Mormoon van Michigan.

“Omdat hulle ‘n klein gemeenskap van buitestaanders is, is hulle oor die algemeen bondgenote van die Jode,” sê Jonny Daniels, ‘n Republikeinse strateeg en vriend van Glenn Beck. “Hulle kan met ons op ‘n manier klaarkom wat ander Christene nie kan nie.”

Vir buitestanders, lyk die Boek van Mormoon na ‘n radikale revisionistiese teks met die Tuin van Eden geleë in Missouri en Jesus wat die Evangelie na Indiane bring ná sy opstanding. Maar hulle beskryf hulself as ‘n “restaurasie” geloof wat deur die bemiddeling van Joseph Smith, Christendom na sy outentieke wortels terugneem, een wat nie deur die Griekse filosofie en ander “onheilighede” besoedel is nie.

Mormone identifiseer hulself as afstammelinge van die Israelitiese stamme van Efraim en Menashe. Die ikoniese Salt Lake-tempel het ‘n binneste heiligdom wat slegs ‘n hoë priester kan betree, soos die ou Tempel in Jerusalem.

Mormone verwys ook na die nie-lede as heidene.

Utah se Republikeinse senator, Orrin Hatch, dra ‘n mezuzah om sy nek en sê dikwels hy voel “jammer” dat hy nie ‘n Jood gebore is nie. “Mormone glo die Joodse volk is die uitverkore volk, net soos die Ou Testament sê,” het hy gesê. “Enigiets wat ek kan doen vir die Joodse volk, sal ek doen.”

Die Amerikaanse State Department verskil van Romney se stelling dat Jerusalem die hoofstad van Israel is. Die Obama-administrasie se standpunt is dat die kwessie van ‘n hoofstad slegs deur onderhandeling bygelê kan word.

Данильченео

Maak 'n opvolg-bydrae