Romney in die sop oor ‘suksesvolle Joodse kultuur’

Mitt Romney, Amerikaanse presidensiële kandidaat, het Joodse skenkers Maandag vertel dat hul kultuur deel is van wat hulle ekonomies suksesvol maak, in teenstelling met dié van die Palestyne. Woedende Palestynse leiers het sy kommentaar rassisties en uit voeling genoem.

”As jy hier kom en jy sien die BBP per capita, byvoorbeeld, in Israel wat sowat $21,000 dollar is, en vergelyk dit met die BBP per capita in die gebiede wat bestuur word deur die Palestynse Owerheid, wat meer soos $10,000 per capita is, sien jy hoe dramaties die skrille kontras in ekonomiese vitaliteit is,” het die Republikeinse presidensiële kandidaat gesê aan sowat 40 welgestelde skenkers by die luukse King David Hotel.

Die reaksie van die Palestynse leiers op Romney se kommentaar was vinnig en skerp.

”Wat maak hierdie man hier?” het Saeb Erekat, ‘n top-Palestynse amptenaar gevra. ”Gister het hy onderhandelinge vernietig deur te sê: Jerusalem is die hoofstad van Israel, en vandag sê hy Israeliese kultuur is meer gevorderd as Palestynse kultuur. Is dit nie rassisme nie?”

Die ekonomiese verskille tussen die Israeli’s en die Palestyne is eintlik baie groter as wat Romney verklaar het. Israel het ‘n per capita bruto binnelandse produk van sowat $31,000 in 2011 gehad, terwyl die Wesoewer en Gasa ‘n per capita-BBP van net meer as $1 500 het, volgens die Wêreldbank.

Romney, wat langs die miljardêr casino-eienaar Sheldon Adelson by die hooftafel gesit het, het skenkers by sy fondsinsameling vertel hy lees boeke en het staatgemaak op sy eie sake-ervaring om te verstaan ​​waarom die verskil so groot is.

”En as ek hier kom en ek kyk uit oor hierdie stad en kyk na die prestasies van die mense van hierdie land, erken ek die krag van ten minste kultuur en ‘n paar ander dinge,” het Romney gesê, met verwysing na ‘n innoverende sake-klimaat, die Joodse geskiedenis van groei onder moeilike omstandighede en die ”Hand van die Voorsienigheid.”

Romney het in sy vergelyking van die Israeli en Palestynse ekonomieë geen melding gemaak van die feit dat Israel die Palestynse gebiede sedert die 1967-oorlog beheer nie. Israel het in 2005 onttrek uit Gasa, maar kan nog steeds toegang beheer, en het ‘n verlammende grensblokkade ingestel sedert die Islamitiese militante Hamas beslag gelê op die gebied in 2007.

In die Wesoewer het Israel algehele beheer behou, en die Palestyne het net beperkte selfregering. Israel beheer alle grense en beperk Palestynse handel en beweging.

Die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds het herhaaldelik verklaar dat die Palestynse ekonomie kan net groei as Israel daardie beperkings lig.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae