Openbare vakansiedae hersien

‘n Verslag oor openbare vakansiedae sal binne drie maande aan die Parlement voorgelê word.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en linguïstiese gemeenskappe het sy openbare sittings op Thohoyandou in Limpopo afgesluit.

Limpopo was die laaste van die provinsies waar sittings gehou is. Die hoof uitvoerende beampte van die kommissie, Solomon Moreroa sê die volledige verslag sal aan die parlement en aan die kantoor van die president gegee word.

Sommige godsdiens- en kultuurgroepe voer aan dat die openbare vakansiedae soos wat dit op die oomblik is, nie voorsiening maak vir die beoefening van nie-Christelike feeste nie.

Meer as 80% van die land se bevolking noem hulself egter Christene.

Данильченео

Maak 'n opvolg-bydrae