Vierde Boeremaglid skuldig

Die vierde Boermagbeskuldigde is Dinsdag skuldig bevind aan hoogverraad, het Beeld berig.

Regter Eben Jordaan het in die Pretoriase hooggeregshof vir Adriaan van Wyk, ‘n rekenmeester, by die Boeremag se staatsgreepplan, dokument 12, ingesluit omdat hy sekere take moes verrig en aangewys is as die bevelvoerder in die Pretoria-omgewing.

Lukas van Rensburg, een van die staatsgetuies, het getuig hy was op ‘n vergadering in die Newscafé waar Van Wyk was waar ‘n staatsgreep bespreek is.

Van Wyk het ook vergaderings in Hatfield en in die Kollonade-sentrum in Pretoria bygewoon.

Staatsgetuie J.C Smit, ‘n polisie-informant, het getuig Van Wyk was by ‘n vergadering by ‘n padkafee in Pretoria waar die staatsgreep bespreek is.

Die broers, Mike en André du Toit, asook Rooikoos du Plessis, is reeds skuldig bevind aan hoogverraad.

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae