Verlede week het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, drie jaar se uitgawes op die Spesiale Verdedigingsrekening (SVR) uit die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gehou, blykbaar om seker te maak dat die besteding geheim bly. Dis drie jaar – van 2010/11 tot 2012/13 – en R13 miljard later.
Die rekening is vir die aankoop van wapens en toerusting en vir die befondsing van koverte aktiwiteite.
Die Departement van Verdediging wou nie kommentaar lewer op The Star se bewerings nie, en die koerant na die Nasionale Tesourie verwys, wat gesê het vrystelling is ‘n rekeningkundige kwessie.
Tesouriewoordvoerder Jabulani Sikhakhane het gesê “dat dit nie bekend gemaak kan word nie”.
Verslae is nie in die Parlement ter tafel gelê vir die afgelope twee jaar nie weens vertragings, sê die OG se kantoor.
Die rekening is opgestel in terme van die Spesiale Verdedigingsrekeninge Wet van 1974. Die wet is ‘n oorblyfsel van die apartheidsjare.
Die Departement van Verdediging se 2010/11 jaarverslag het gesê die rekening “is om wapentuig en tegnologie te ontwikkel”. Die OG het voorheen die rekening beskryf as “uitgawes en aankope wat aangegaan is vir spesiale verdedigingsaktiwiteite”.
