Wat het Assange en WikiLeaks reggekry?

Julian Assange probeer tans uit die kloue van die gereg bly en skuil in die Ecuadoriaanse ambassade in Knightsbridge, Londen om uitlewering aan Swede en moontlik die VSA, te ontsnap. Britse kommentators het intussen op allerlei maniere probeer om Assange swart te smeer. Hulle skuim van woede oor sy swak maniere, selfsug en voorkoms, asof

Lees verder: Wat het Assange en WikiLeaks reggekry?

USAid in Pretoria se stoor in brand verwoes

‘n Brand het gisteraand groot skade aangerig aan ‘n pakkamer van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling, USaid, in Silvertondale oos van Pretoria. ‘n Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Brian Denver sê meubels en elektriese toebehore is in die brand vernietig. Denver sê geen medisyne of ander materiaal wat verband hou met die organisasie se

Lees verder: USAid in Pretoria se stoor in brand verwoes

Steun vir Afrikaans in PVV-verkiesingsprogram

Voor het eerst heeft een partij buiten Zuid-Afrika het Afrikaans genoemd in haar verkiezingsprogramma. De Partij voor de Vrijheid doet dit in haar programma dat gepresenteerd wordt: Citaat: Onze mooie Nederlandse taal verdedigen we. Dus communiceert de overheid alleen in het Nederlands. Het Afrikaans is nauw verwant met het Nederlands. De taal, gesproken in Zuid-Afrika

Lees verder: Steun vir Afrikaans in PVV-verkiesingsprogram

Barclays, buitelandse banke ‘reggestel’ in Zim

Zimbabwe se leiers het banke wat deur buitelandse maatskappye besit word ‘n jaar gegee om 51% van hul aandele aan plaaslike swart eienaars oor te dra ingevolge wetgewing oor ekonomiese bemagtiging, volgens ‘n regeringskennisgewing. ‘n Kennisgewing in die staatskoerant het maatskappye een jaar gegee as ‘n “maksimum periode wat ‘n onderneming sake mag doen voor

Lees verder: Barclays, buitelandse banke ‘reggestel’ in Zim

Wes-Kaapse welsynshoof se tik-saak uitgestel

Die dwelmsaak teen David McNamara, ‘n senior Wes-Kaapse regeringsbeampte, is Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof uitgestel. McNamara is ‘n senior direkteur van maatskaplike welsynsdienste in die Wes-Kaap. Hy het versuim om in April in die hof te verskyn waarna ‘n lasbrief uitgereik is. Met die uitreiking van die lasbrief het die landdros gewaarsku dat McNamara in

Lees verder: Wes-Kaapse welsynshoof se tik-saak uitgestel

Klagtes teen departement wat skoolboeke vernietig

Die departement van basiese onderwys in Limpopo en ‘n kontrakteur is aangekla nadat handboeke in die provinsie gestort en vernietig is, het die DA Dinsdag gesê. Die aanklagte is by die Tzaneen-polisiestasie gelê. Een aanklag is teen die provinsiale departement van onderwys gebring vir vandalisme en die vernietiging van boeke in Seshego. ‘n Ander aanklag

Lees verder: Klagtes teen departement wat skoolboeke vernietig

Ingryping in Limpopo saai glo boek-chaos

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag met Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, vergader om die laat aflewering van handboeke in Limpopo te bespreek, het die presidensie gesê. “Minister Motshekga het aan die president gesê daar kon eers in Mei bestellings by die uitgewers geplaas word vir die handboeke,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die

Lees verder: Ingryping in Limpopo saai glo boek-chaos

Malema nie eregas by Gemenebesklub

Die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is aangeraai om nie Vrydagaand by Londen se Commonwealth Club ‘n toespraak te lewer nie, het City Press berig. “Hy gaan nie uit die land uit nie,” het Anda Bici van Friends of the Youth League gesê, wat verskeie geleenthede gereël het waar Malema in onlangse maande

Lees verder: Malema nie eregas by Gemenebesklub

Pentagon ontbloot Turkse leuen oor Siriese vegvliegtuig

Amerikaanse intelligensie weerspreek Ankara, en sê die Turkse vegvliegtuig wat onlangs afgeskiet is deur Sirië, was in sy lugruim. Die Wall Street Journal van 1 Julie 2012, sê die Amerikaanse bevinding is dit eens met Sirië se weergawe en teen dié van ‘n Amerikaanse bondgenoot, Turkye. Die Turkse regering, wat tenks na die Siriese grens

Lees verder: Pentagon ontbloot Turkse leuen oor Siriese vegvliegtuig

VN-rapporteur wil Israel opskroef oor apartheid

Richard Falk, die VN se spesiale rapporteur vir Palestynse menseregte, het gesê die “diskriminerende dualistiese stelsel” deur Israel is soortgelyk aan die apartheidsregering wat vir meer as 40 jaar in Suid-Afrika gefunksioneer het. Falk, ‘n Amerikaanse regsgeleerde, is volgens Wikipedia ‘n voorstander van Wêreldregering. In gesprekke met die VN se Menseregtekommissie in Genève, het Falk

Lees verder: VN-rapporteur wil Israel opskroef oor apartheid