USAid in Pretoria se stoor in brand verwoes

‘n Brand het gisteraand groot skade aangerig aan ‘n pakkamer van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling, USaid, in Silvertondale oos van Pretoria.

‘n Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Brian Denver sê meubels en elektriese toebehore is in die brand vernietig.

Denver sê geen medisyne of ander materiaal wat verband hou met die organisasie se programme in Suid-Afrika, is vernietig nie. Hy sê die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar ‘n forensiese ondersoek begin vandag.

Volgens reddingsdienste het dit die brandweer ongeveer drie ure geneem om die brand te blus. Niemand is beseer nie.

лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae