Skietery by munisipale gebou in Vanderbijlpark

Vyf gewapende mans het die Emfuleni-munisipaliteit in Vanderbijlpark Maandag van 'n onbekende som geld beroof, wat tot 'n skietery gelei het waarin die polisie een rower gewond het.

Inspekteur Mzimkhulu Mthimkhulu van die polisie het gesê die gewapende rowers het die munisipale gebou in Vanderbijlpark om 15:30 binnegegaan, mense in die kontantsaal gemolesteer en 'n aansienlike bedrag geld geneem.

Die polisie het hul na die toneel gehaas en 'n skietery het plaasgevind. Volgens die polisiewoordvoerder is een rower twee keer in die lyf geskiet, terwyl die ander daarin geslaag het om weg te kom.

Die polisie het die geld teruggekry, asook 'n 9mm-pistool. Die gewonde man is na die hospitaal onder polisiebewaking geneem.

Mthimkulu het gesê dat die polisie 'n soektog na die ander vier mans geloodshet en 'n saak van gewapende roof is geopen.

справка 86лобановский харьков

Die ergste verkeersoortreder

Openbare vervoer is nie meer wat dit was nie. Die Kaapstadse Verkeersdienstedepartement het die stad se ergste verkeersoortreder in hegtenis geneem.
Die 68-jarige taxibestuurder is gearresteer toe hy by 'n verkeersdepartementkantoor in Bellville aangemeld het.

Die man het 38 uitstaande lasbriewe teen sy naam.

Hy het sy taxi kom haal nadat dit in die skut beland het.

Die stad het Maandag gesê dat 58 mense met 200 lasbriewe wat R300 000 werd is oor die naweek in 'n operasie deur die owerheid gearresteer is.

Hulle het 'n busbestuurder ingesluit wat vyf uitstaande lasbriewe vir inhegtenisname gehad het.

техно вектор 6Фильчаков прокуратура харьков

Regering verskaf geen hulp aan vlugtelinge nie

Die regering het niks gedoen om die slagoffers van etniese geweld te help om in hul vorige gemeenskappe te herintegreer nie.

Advokaat Nadine Fourie het die Grondwethof vertal dat die regering bloot die vlugtelinge meer tyd gegee het om hul eie reëlings te tref.

Fourie het verskyn vir buitelandse burgers en die Konsortium vir vlugtelinge en immigrante in Suid-Afrika.

Hulle het die Grondwethof gevra om 'n plan op te stel en te publiseer vir die herintegrasie van slagoffers van etniese geweld binne 30 dae.

Hulle het ook die hof gevra om die regering te beveel om so 'n plan binne 60 dae toe te pas.

Die hofsaak gee die inwoners van die kampe 'n blaaskans.

поршневые компрессоры купитьлобановский александр отзывы

ANC en IVP praat van ‘politieke sluipmoorde’

11:20:06 Die ANC en die Inkatha-vryheidsparty blameer mekaar vir wat blykbaar politiese gemotiveerde moorde in KwaZulu-Natal sou wees.

Die IVP-voorsitter Zanele KaMagwaza-Msibi sê hulle is baie bekommerd oor wat kennelik 'n berekende veldtog sou wees om Zoeloeleiers en lede aan te val.

Sy het het gepraat, kort nadat Bhekisisa Mthethwa, die IVP-takvoorsitter by die Jacobs-hostel, oor die naweek doodgeskiet is.

Intussen het die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid Bheki Cele beweer dat die moord op 'n prominente ANC-lid in Umlazi oor die naweek ook 'n politieke sluipmoord was.

барбі дом мечтыФільчаков прокурор

Rassekwotas maak SAL gevaarlik

Image

Vlieg lekker met SAL…

08:24:29 Die fanatiese toepassing van regstellende aksie deur die afdwing van rassekwotas by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het reeds die potensiaal vir vliegongelukke geskep. Die Amerikaanse Lugvaartadministrasie (FAA) en die Internasionale Burgerlugvaartowerheid (I-BLO) het in April vanjaar aanbeveel dat die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SA-BLO) afgegradeer word van kategorie 1 na ‘n kategorie 2.  Dit sou beteken dat daar beperkte internasionale erkenning sou wees vir Suid-Afrikaanse vlieënierslisensies en lugvaardigheidsertifikate.

Dit sou tot gevolg gehad het dat SAL nie sy roetes in Amerika kon ontplooi nie.  Die nuwe Uitvoerende hoof van SA-BLO, Colin Jordaan, het dit bevestig.  Dit was Jordaan wat die inspekteurs van FAA en I-BLO oorreed het om die SA-BLO uitstel te gee.  Die rede vir die FAA en I-BLO se optrede was die verlaging van tegniese standaarde van SAL Tegnies.

“Die vaardigheidstekorte by SAL Tegnies (SALT) is die direkte gevolg van die regering se beleid van regstellende aksie.  Hierdie tekorte skep ‘n gevaar vir passasiers van veral SAL, deurdat tegniese kundigheid verlore raak en standaarde vir die hersiening van vliegtuie verlaag word.  Dit word bevestig deur twee senior bestuurders wat bedank het by SALT omdat albei sê hulle kan nie meer met hulle gewete saamleef nie.  Die vereiste dat SALT 19 senior NDI-inspekteurs in diens moet hê, maar slegs drie het, is ‘n ernstige aanklag teen die regering en getuig van onbevoegdheid.  Dit beteken daar is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Openbare Ondernemings vir die VF Plus.

“Die VF Plus het al in April vanjaar die regering gewaarsku en optrede gevra.  Toe reeds het ons gesê die tekort aan kundiges in die lugvaarbedryf het die potensiaal om die SA Lugdiens tot stilstand te dwing.  Lugrederye moet voldoen aan internasionale standaarde en verskonings deur plaaslike amptenare sal nie aanvaar word nie.  Om 300 werkers in twee jaar te verloor, bewys die onvermoë van bestuurslui om op te tree.  Die begin van die uittog moes al die alarms laat afgaan het.  Die minister van Openbare Ondernemings, Alec Erwin, en die minister van Vervoer, Jeff Radebe, moet dadelik ingryp anders gaan ons gekonfronteer word met ‘n katastrofe wat baie lewens gaan eis”, sê Groenewald.

 

расширительный бак дляФильчаков прокурор харьков

Vlootadmiraal reageer op kritiek

Die duikbote wat deur die SA Vloot aangekoop is, is wat die SA Nasionale Weermag nodig het.

Admiraal Bernard Teuteberg, hoofdirekteur van maritieme strategie, het só gereageer op bewerings van wanbestuur en swak onderhoud.

Hy het in 'n ope brief gesê aan alle vlootwerknemers gesê dat die mag altyd verantwoordelik in die gebruik van sy vermoëns opgetree het en dit sluit duikbootoperasies in.

Teuteberg het gesê dat die Vloot se tipe 209 Duits-vervaardigde duikbote deur 'n internasionaal erkende skipklassifikasiestelselmaatskappy ondersoek is, wat baanbrekerswerk verteenwoordig.

Teuteberg het egter erken dat die Vloot sukkel om duikbootoperateurs te behou vanweë die internasionale tekort aan tegniese vaardighede. интерьер кухни освещениеФильчаков прокурор харькова

Korrupte en misdadige polisiebeamptes bly in hul poste aan

Die Suid-Afrikaanse polisie laat gevonniste misdadigers en korrupte amptenare toe om wapens en polisie-uniforms te dra.

Die minister van veiligheid en sekuriteit het onthul dat ondanks vonnisse vir ernstige en gewelddadige misdade, is ten minste 31
polisiebeamptes toegelaat om weer terug te keer werk toe.

Die DA se Dianne Kohler-Barnard het gesê dit was verskriklik dat Suid-Afrika oor polisielede beskik wat aan misdade skuldig bevind word waarvoor gewone mense tronk toe gaan.

Belastingbetalers betaal die salarisrekening van polisiemanne en -vroue wat aan misdaad skuldig bevind is.

Volgens die DA is 'n totaal van R90 miljoen oor die laaste drie jaar in sulke gevalle uitbetaal.

детские игрtopcargo отзыв

Belastingbetalers wil dalk Oosrand-munisipaliteit boikot

Die Onhafhanklike Belastingbetalersvereniging, OBV, wil dalk die Ekurhuleni-munisipaliteit aan die Oosrand begin boikot sover dit die betaling van erfbelasting betref.

Hulle is ongelukkig oor die aanhoudende befondsing van Robert McBride se hofstryde. McBride is geskors ná bewerings van intimidasie.

Ekurhuleni het reeds R1,4 miljoen bestee om 'n tydelike beskermingsbevel teen McBride te beveg wat aan sy voormalige kollegas toegestaan is.

Die voorsittter van die OBV, Izak Berg, het Eurhuleni se konstante finansiële ondersteuning om sake te beveg waarin die metro self absoluut geen belang het nie as kommerwekkend beskryf.

Nege sake waarby die polisiehoof betrokke is, het die metro tot dusver ongeveer R6,9 miljoen gekos.

Die nege sake verteenwoordig iets van 'n geheim, aangesien die stadbestuurder Patrick Flusk weier om enige besonderhede te verskaf.высота уличного фонарялобановский александр компромат

Geen etniese faktor betrokke by brand in Noordwes

Volgens die polisie kan die afbrand van twee kajas oor die naweek by 'n plakkerskamp in die Noordwesprovinsie wat aan Zimbabwiërs behoort nie aan etniese faktore toegekryf word nie.

Die situasie is opgehelder ná 'n gemeenskapsvergadering in Bokfontein, naby Brits, het 'n woordvoerder van die Noordwespolisie, kaptein Adele Myburgh, gesê.

Sy het egter erken dat die polisie aanvanklik 'n heroplewing van aanvalle op buitelanders gevrees het.

'n Rusie het in 'n sjebien in die Caradale-plakkerskamp tussen 'n Lesotho-burger en 'n man van Zimbabwe uitgebreek.

Die Zimbabwiër is na bewering met 'n skroewedraaier gesteek.

'n Redekaweling tussen omtrent 50 mense het gevolg en twee kajas is aan die brand gesteek, het kaptein Myburgh gesê.

безмасляные компрессоры ценалобановский александр дети

800 mense dakloos na brand

Image

Brandende kaja Foto: Uvuka

08:39:56 Driehonderd kajas is deur 'n brand in 'n plakkerskamp naby die Denver-hostel, suid van Johannesburg, laat Saterdagaand vernietig.

Johannesburgse nooddienste het gesê dat 800 mense dakloos gelaat is en een persoon gesterf het.

Die brand in die slum het net ná 10 namiddag begin.

Turffontein, Rosebank, Fairview en Kiblerpark se brandweerstasies het die brand tot ná middernag bestry.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.

'n Woordvoerder vir die nooddienste sê daar is heelwat sosiale faktore wat tot brande in plakkerskampe bydra. Hoog op die lys daarvan is drankmisbruik.

купить пост подготовки к покраскеОлександр Васильович Фільчаков