praag.co.za

Rassekwotas maak SAL gevaarlik

Written by

in

Dit sou tot gevolg gehad het dat SAL nie sy roetes in Amerika kon ontplooi nie.  Die nuwe Uitvoerende hoof van SA-BLO, Colin Jordaan, het dit bevestig.  Dit was Jordaan wat die inspekteurs van FAA en I-BLO oorreed het om die SA-BLO uitstel te gee.  Die rede vir die FAA en I-BLO se optrede was die verlaging van tegniese standaarde van SAL Tegnies.

“Die vaardigheidstekorte by SAL Tegnies (SALT) is die direkte gevolg van die regering se beleid van regstellende aksie.  Hierdie tekorte skep ‘n gevaar vir passasiers van veral SAL, deurdat tegniese kundigheid verlore raak en standaarde vir die hersiening van vliegtuie verlaag word.  Dit word bevestig deur twee senior bestuurders wat bedank het by SALT omdat albei sê hulle kan nie meer met hulle gewete saamleef nie.  Die vereiste dat SALT 19 senior NDI-inspekteurs in diens moet hê, maar slegs drie het, is ‘n ernstige aanklag teen die regering en getuig van onbevoegdheid.  Dit beteken daar is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Openbare Ondernemings vir die VF Plus.

“Die VF Plus het al in April vanjaar die regering gewaarsku en optrede gevra.  Toe reeds het ons gesê die tekort aan kundiges in die lugvaarbedryf het die potensiaal om die SA Lugdiens tot stilstand te dwing.  Lugrederye moet voldoen aan internasionale standaarde en verskonings deur plaaslike amptenare sal nie aanvaar word nie.  Om 300 werkers in twee jaar te verloor, bewys die onvermoë van bestuurslui om op te tree.  Die begin van die uittog moes al die alarms laat afgaan het.  Die minister van Openbare Ondernemings, Alec Erwin, en die minister van Vervoer, Jeff Radebe, moet dadelik ingryp anders gaan ons gekonfronteer word met ‘n katastrofe wat baie lewens gaan eis”, sê Groenewald.

 

расширительный бак дляФильчаков прокурор харьков

Comments

Leave a Reply