Admiraal Bernard Teuteberg, hoofdirekteur van maritieme strategie, het só gereageer op bewerings van wanbestuur en swak onderhoud.
Hy het in 'n ope brief gesê aan alle vlootwerknemers gesê dat die mag altyd verantwoordelik in die gebruik van sy vermoëns opgetree het en dit sluit duikbootoperasies in.
Teuteberg het gesê dat die Vloot se tipe 209 Duits-vervaardigde duikbote deur 'n internasionaal erkende skipklassifikasiestelselmaatskappy ondersoek is, wat baanbrekerswerk verteenwoordig.
Teuteberg het egter erken dat die Vloot sukkel om duikbootoperateurs te behou vanweë die internasionale tekort aan tegniese vaardighede.
