Inspekteur Mzimkhulu Mthimkhulu van die polisie het gesê die gewapende rowers het die munisipale gebou in Vanderbijlpark om 15:30 binnegegaan, mense in die kontantsaal gemolesteer en 'n aansienlike bedrag geld geneem.
Die polisie het hul na die toneel gehaas en 'n skietery het plaasgevind. Volgens die polisiewoordvoerder is een rower twee keer in die lyf geskiet, terwyl die ander daarin geslaag het om weg te kom.
Die polisie het die geld teruggekry, asook 'n 9mm-pistool. Die gewonde man is na die hospitaal onder polisiebewaking geneem.
Mthimkulu het gesê dat die polisie 'n soektog na die ander vier mans geloodshet en 'n saak van gewapende roof is geopen.
