Waterkloof 3 begin hul vonnisse uitdien

Drie van die vier Waterkloofseuns is gistermiddag met loeiende sirenes van die Pretoriase landdroshof af weggery om hul twaalfjaarvonnis vir moord en aanranding te begin uitdien.

Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt het die gebou stil-stil verlaat en in 'n polisiemotor geklim.

Die hooggeregshof van appèl het verlede week hul appèl teen hul skuldigbevindjngs en vonnisse geweier.

Hulle is tot 12 jaar gevangenisstaf gevonnis vir die moord op 'n onbekende man en die aanranding van 'n ander in 'n park in 2001 terwyl hulle nog op skool was.

Al vier het dwarsdeur volgehou dat hulle onskuldig is.

Nommer van die Waterkloof Vier, Christoff Bekker, sal na verwagting homself vandag oorhandig om sy tronkstraf te begin uitdien.

купить 107421 карданный светильник москваФільчаков прокурор

Zim-partye voor moeilike besluite

Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai het breë ooreenstemming bereik dat Mugaba as president sal aanbly en dat Tsvangirai eerste minister sal word aan die hoof van 'n groot kabinet wat eweredig tussen die twee partye verdeel sal wees. Die kleiner opposisiefaksie sal egter die balans van die poste uitmaak.
Bronne sê daar bly steeds beduidende geskilpunte oor sleutelkwessies wat gaan bepaal of Mugabe werklike beheer van die regering behou.

Mbeki is gretig om te bewys dat stille diplomasie 'n suksesvolle strategie was.

Die samestelling van die nuwe kabinet bly 'n struikelblok. Mugabe wil hê dit moet uit 36 ministers bestaan, met Zanu-PF en die MDC wat elk oor 15 poste beskik en die oorblywende 6 wat deur die wegbreek MDC-faksie van Arthur Mutambara gehou sal word.

Tsvangirai wil 'n kleiner kabinet hê en net twee poste vir Mutambara.

Brittanje, die VSA en die Europese Unie het almal gesê dat 'n hulppaket van R14-miljard net vrygestel sal word indien Mugabe beheer van die regering laat vaar.

slots noАлександр Фильчаков Васильевич

Vervolgingsgesag onseker oor aantygings van omkopery

Die Nasionale Vervolgingsgesag kan nie sê of hy die R30-miljoen se omkoopgeld wat Mbeki blykbaar ontvang het, gaan ondersoek nie.

Mbeki se woordvoerder Mukoni Ratshitanga, sê die president is besig om regsadvies in te win nadat die Sunday Times berig het dat hy omkoopgeld van 'n Duitse skeepsbouer, MAN Ferrostaal, aanvaar het.

Vrydag het die Mail & Guardian berig dat die oud-spioen Mhleli Paul Madaka, beweer het dat die Skerpioene bewyse het dat Mbeki die omkoopgeld van Ferrostaal ontvang het.

Maar die NV-woordvoerder Tlali Tlali het aan die media gesê die NV weet niks van Madaka en die bestaan van die beweerde inligtingstuk nie.

Madaka het verlede jaar in Augustus ná 'n geheimsinnige motorongeluk gesterf.

купить настольную игруданильченко юрій броніславович

Oorlogspraatjies van Msholozi-ondersteuners

Image

Jacob Zuma

09:03:41 Zuma-ondersteuners het dit duidelik gemaak dat hulle bereid is om agter Msholozi te staan totdat hy president word.

Helen Zille sê die toon het verskuif van dreigende retoriek tot 'n volskaalse oorlogsverklaring deur voormalige soldate.

Hulle het 'n staatsgreep belowe indien die howe teen Zuma bevind, het sy gesê.

Die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, het ook 'n beroep op Zuma-ondersteuners gedoen om die grondwet, die onafhanklikheid van die regbank en die grondwethofuitspraak te eerbiedig.

Die Umkhonto we Sizwe-veteranevereniging se nasionale adjunksekretaris het gesê dat hulle seker gaan maak dat Zuma die volgende president word, ongeag enigiets anders. Volgens hom beteken geen Zuma, geen Suid-Afrika.

slot game onlineФільчаков Олександр Васильович

Duitse wapenmaatskappy ontken enige oortreding

Die Duitse maatskappy MAN Ferrostaal sê hy het nog nooit enige betalings aan president Thabo Mbeki, Jacob Zuma of enige ander ANC-lid gemaak nie.

In reaksie op 'n koerantberig het MAN Ferrostaal in 'n verklaring vanuit Essen, Duitsland, gesê dat die artikels 'n groot aantal feitefoute bevat en die basiese beginsels van joernalistieke juistheid oortree.

Die maatskappy het die Sunday Times gevra om 'n regstelling van die artikel te publiseer.

Anders as wat die Sunday Times beweer, meen die maatskappy dat albei sy wapenruilhandelprogramme goed op dreef is. Die maatskappy het gesê dat die program vir Krygkor reeds voltooi is.

Hoewel die departement van handel en nywerheid 'n vlekvryestaalfabriek in Coega verwerp het, word ander projekte in die plek daarvan beplan.

машинки для малышейлобановский александр харьков

Mandela se kleinseun ignoreer museumplanne

Hoofman Mandla Mandela het die Nelson Mandela-museum geïgnoreer en gaan met sy eie planne voort om sy oupa se geboorteplek te ontwikkel.

Die voormalige president se geboorteplek in Mvezo, in die Ooskaap, is geoormerk om 'n nasionale erfenisterrein te word.

Maar die kleinseun Mandela, wat die ondersteuning van sy stat se inwoners geniet, is besig om sy eie struktuur teen die wense van die museum op te rig.

Die museum se voorsitter, professor Kader Asmal, het ook 'n vyandige ontvangs van die plaaslike bevolking gekry.

Mandla hou vol dat die museum sonder hul toestemming in 2000 opgerig is.

Mandla, wat verlede jaar as hoofman aangewys is, sê die plaaslike inwoners wou geraadpleeg gewees het.

оптовые цены трековыеФільчаков Олександр Васильович

Die geval Suid-Afrika

Wie in hierdie dae na Suid-Afrika kyk, sal opmerk: dit gaan nie goed met die land nie. Korrupsie en nepotisme, leuens en swart rassisme vier hoogty in ʼn staat wat na die apartheidera die hoop op ʼn ander Afrika gesimboliseer het, waarin swart en wit in ʼn demokratiese bestel langs mekaar lewe en die voorheen onderdrukte meerderheid in die posisie is om die lotgevalle van die land volgens staatsregtelike beginsels te bestuur.

Wat buitelandse sowel as binnelandse politiek aanbetref, maak Suid-Afrika ʼn rampspoedige indruk. Sover dit buitelandse politiek aangaan, het president Thabo Mbeki rassisme tot beginsel van sy handelswyse verhef, wat hy as manifestasie van Afrika-solidariteit beskou. Aan Mbeki is dit te wyte dat Suid-Afrika tot hede elke skandalige daad van die Zimbabwiese president Mugabe toesmeer en daardeur sy regime aan die lewe hou. Net so duister blyk Suid-Afrika se rol in die Soedan te wees. In die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het Suid-Afrika hom bemoei om die inhegtenisnemingsbevel teen die Soedanese staatspresident al-Bashir ter syde gestel te kry, alhoewel al-Bashir vir die massamoorde in Darfur verantwoordelik is.

Onder Mbeki se voorganger Nelson Mandela sou Suid-Afrika se optrede in New York wel anders daaruit gesien het. Maar byna tien jaar na sy aftrede uit die amp van Staatspresident blyk al hoe meer tekens dat die intussen negentigjarige Mandela ʼn uitsondering op die reël was. Mbeki se moontlike opvolger, die teenswoordige leier van die ANC, Jacob Zuma, redeneer wat buitelandse politiek aanbetref net dieselfde as Mbeki. Binnelands staan hy vir die verval van sedes en norme. Zuma word daarvan beskuldig dat hy belasting ontduik en geld gewas het. Met alle middele tot sy beskikking probeer hy die regsproses teen hom verhinder. ʼn Gewete om te onderskei tussen reg en verkeerd besit hy presies net so min soos sy aanhangers in die ANC. Van hulle egter hang die lot van die land af.

Die sogenaamde modelstaat Suid-Afrika is niks anders as ʼn illusie nie.

 
[Vertaal uit Duits]

светильник в спальнюФільчаков Олександр Васильович

Geheimsinnige koe?lvaste Mercedes

Die polisie onderseok 'n luukse- koeëlvaste voertuig wat aan die presidensie verbind is.

Die swart Mercedes-Benz S600 staan reeds maande lank in die garage van die Balgowan-landgoed in Sandton toegesluit.

Die voertuig beskik oor koeëlvaste vensters, die blou ligte van 'n amptelike voertuig en twee lisensieskywe met verskillende registrasienommers.

Een lui GP GP en die ander TZF 610 GP

Volgens Beeld is die TZF-registrasienommer vals en die geregistreerde residensiële adres van GP GP se eienaar is die presidensie.

Die wettige eienaar is Justine Chiota, 'n stigterslid van die Zimbabwe People's Party. Die party is van president Thabo Mbeki se mees onalngse bemiddelingspogings uitgesluit.

махровый халат для девочки купитьалександр лобановский харьков класс

Bridget Oppenheimer in haar huis aangehou

Bridget Oppenheimer, die doyenne van liberale Suid-Afrika en weduwee van die afgestorwe Harry Oppenheimer, is Woensdagnag met 'n mes aangehou en beroof in haar Milkwoodlandgoedwoning in Umhlanga, sê die KwaZoeloe-Natalse polisie.

Volgens polisiesuperintendent Jay Naiker, het twee mans, een met 'n mes gewapen, toegang tot die seefrontlandgoed verkry. Hulle het deur 'n badkamervenster in die huis ingedring en Oppenheimer met die wapen aangehou.

Naicker sê die mans het gevlug met 'n onbekende bedrag kontant, juweliersware en 'n televisie. Oppenheimer is nie beseer in die voorval nie.

проекты яхт для самостоятельной постройкилобановский александр харьков

Mbeki boos vir e-tv

President Thabo Mbeki het e-tv se kommentaar verwerp dat hy verseg het om te reageer op die huidige Zimbabwiese samesprekings wat deur Suid-Afrika gefasiliteer word.

Dit volg op 'n eksklusiewe e-tv-berig wat die ooreenkoms oor Zimbabwe se oorgangsregering uiteensit.

Vandeesweek het bronne na aan die onderhandelings besonderhede aan die Suid-Afrikaanse media laat uitlek.

Dit word beweer dat president Robert Mugabe as president sal aanbly terwyl Morgan Tsvangirai Zimbabwe as eerste minister sal lei.

Mbeki se woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, sê dat e-tv nooit enige kommentaar van die presidensie oor die Zimbabwe-onderhandelingsuitslag versoek het nie.

гипсовая лепнина спблобановский обыск