“Die Vryheidsfront Plus gaan die Openbare Beskermer (OB) versoek om ‘n volledige ondersoek te doen na alle voorvalle waar padverbruikers betrokke was in insidente met bloulig-motors van ampsdraers. Daar is ‘n merkbare toename in die aantal voorvalle waar ampsmotors ongelukke veroorsaak of padverbruikers deur die bestuurders van die bloulig-motors geïntimideer of gedreig word. Ons wil
Derby-Lewis se vrylating ondersoek
Die kantoor van adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, ondersoek die kwessie oor Clive Derby-Lewis se mediese parool, het die SABC berig. “Ons hanteer dit as ‘n vroeë oplossing vir die saak. Die manier waarop ons dinge hier hanteer, is dat ek my ondersoek- of dispuutoplossingsmagte kan gebruik,” het Madonsela gesê. Die 75-jarige Derby-Lewis het 18
Marengediamante kan SA destabiliseer
Die Zimbabwiese minister van mynwese het aangekondig dat die produksie en verkope van die diamante uit die Marangediamantvelde oor die afgelope 5 jaar meer as 11 miljoen karaat beloop het ter waarde van meer as $200 miljoen, waarvan $174 miljoen glo aan die tesourie betaal is. Dié stelling is so ooglopend vals, dat Eddie Cross,
Vavi: Sluipmoordbendes ondersteun tenderbedrog
Zwelinzima Vavi, Algemene Sekretaris van die Kongres van die Suid-Afrikaanse Vakverbonde, Cosatu, het by die Rooi Oktober-byeenkoms in Khayelitsha dié naweek gewaarsku dat sluipmoordbendes reeds in verskeie provinsies funksioneer om tenderbedrog te ondersteun. Die federasie wil die “plaag van korrupsie uitroei”, van korrupte elemente wat politieke bewegings vir persoonlike gewin uitbuit, het hy gesê. Skuldiges,
Duur stralers, duur partytjies
Nie net duur stralers vir die president en sy adjunk nie, maar duur partytjies is aan die orde van die dag. Die ANC se 100ste verjaardagpartytjie gaan ten minste R100 miljoen kos. Baleka Mbete, die ANC se nasionale voorsitter, het Dinsdag by ‘n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg gesê dit is nie goedkoop nie, maar
OB slaan DA hard oor korrupsie
Die DA se aanspraak op skoon bestuur is ‘n nekslag toegedien nadat die Openbare Beskermer bevind het dat een van sy leiers miljoene gemaak het van saketransaksies met sy eie stadsraad. Midvaal, die enigste DA-munisipaliteit in Gauteng, het deurentyd gespog met sy “goeie en skoon bestuur”. Maar Advokaat Thuli Madonsela gister aangekondig dat sy raad
Matriekseun boet vir roekelose ampsmotor
‘n Matriekseun van die Hoërskool Bastion in Krugersdorp sal waarskynlik nooit weer herstel nadat hy die naweek deur ‘n roekelose ampsvoertuig van ‘n LUR omgery is nie. Die ampsvoertuig behoort aan Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising van die ANC. Die jaagtog het by die R28-roete by die kruising van Paarde-kraal- en Windsorweg tot
ANC sal Malema glo nie uitskop nie
Die ANC skors tradisioneel slegs lede wat volgens die party nie meer gerehabiliteer kan word nie, het adjunkpresident Kgalema Motlanthe Dinsdag gesê. “Die benadering van die ANC is dat slegs dié wat nie kan verbeter nie, weggewys word,” het hy aan die parlement se Persgaleryvereniging gesê. “Die party het die vertroue dat hy sy lede
CCTV dink groot
China gaan ‘n Engelstalige tak van hul nasionale uitsaaier CCTV, in Washington open, in wat beskou word as ‘n aggressiewe uitbreidingsinisiatief in die hart van die VSA se politieke sentrum. Die China Central Television saai die Kommunistiese bewind se nuus uit asook ander propagandaprogramme. Die nuutopgerigte uitsaaigeriewe sal as die hoofkwartier in die VSA dien.
Woonwaens gaan tolhekke aanvat
Die Vryheidsfront Plus gaan na aanleiding van die aankondiging deur SANRAL dat e-skyfies te koop is en dat die tolstelsel wel geloods gaan word in Februarie 2012, nou begin beplan vir publieke protes teen die stelsel. “Die regering speel kat en muis met die publiek en dis nou tyd dat die padgebruikers in Gauteng opstaan
