Vroeg Dinsdagmiddag, is die geverifieerde Twitterrekening van die Associated Press gekraak. Die nuustwiet het beweer dat President Obama beseer is as gevolg van “twee ontploffings“ in die Withuis. Die twiet het uitgegaan na die AP se 1,9 miljoen volgelinge. Sien verder.
Polisie registreer nie Kovsie-verkragting nie
Die Kovsie-student wat verkrag is, is nie behoorlik behandel by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein nie. Haar vriend is intussen ontslaan. Die kapers en verkragters is nog op vrye voet, berig Volksblad. Volksblad het navrae per e-pos gestuur aan die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, oor beweerde swak diens wat die student by die
BP wil groot in SA belê
BP sal nagenoeg R5 miljard in Suid-Afrika belê as ‘n gebaar van vertroue in die rigting waarin die land beweeg, het dié energiemaatskappy Dinsdag gesê. “Met die verbeterende klimaat vir beleggers, veral die stabiliteit in beleid… wat in Suid-Afrika gesien word, het BP besluit om ‘n noemenswaardige belegging te maak tot die voordeel van al
Stakings kry momentum
‘n Geraamde 25 000 lede van die onderwysvakbond Sadou sal vandag aan betogings in Pretoria en Kaapstad deelneem. Die vakbond sê hy wil die druk verskerp op die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga en haar direkteur-generaal Bobby Soobrayan om te bedank. Die departement en die vakbond kon vroeër nie ooreenstemming bereik oor die wettigheid
Herkapitalisering dui op grondhervorming-mislukking
Die mislukking van die regering se herverdelingsprogram van plase aan swart eienaars is opnuut onderstreep met die aankondiging van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming dat hy beoog om vanjaar 730 van die plase te herkapitaliseer. Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het verlede jaar reeds erken dat 90% van die
Lees verder: Herkapitalisering dui op grondhervorming-mislukking
‘Ons steel krag!’
“Ja ons steel krag!” Dit was die openlike reaksie van inwoners van die Tswaing gemeenskap tydens ‘n sitting van die Tshwane metroraad se petisiekomitee die afgelope week. Drie mans wat ‘n petisie namens die gemeenskap aan die raad oorhandig het oor krag en water wat nie aan hulle voorsien word nie, het tydens hierdie sitting
Merkel waarsku EU om in te val by Duitsland
Duitse kanselier Angela Merkel het Maandag gesê Eurosonelidlande moet bereid wees om beheer oor sekere beleidskwessies te sedeer aan die EU sodat die blok werklik sy skuldkrisis te bowe kan kom en buitelandse beleggers kan teruglok. Merkel het ook haar benadering tot die krisis teen kritici verdedig wat beweer sy het te veel klem geplaas
Swart provinsies verkies Engels as onderrigtaal
Byna tweederdes van leerlinge in die land verkies Engels as onderrigtaal, maar die taal het maar die vierde meeste sprekers. Engels is ook al lankal nie meer ‘n wit taal nie, sê die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhouding. ‘n Navorser aan die SAIRV het gesê 64% van die skoolbevolking van 11,5 miljoen het in 2010 verkies
Lees verder: Swart provinsies verkies Engels as onderrigtaal
Diensleweringsopstand in Soweto eis een
In oproer dié naweek in Soweto is ‘n KFC oorkant die Elias Motsoaledi-plakkerskamp afgebrand en een mens dood. Inwoners sê die munisipaliteit skeep hulle af, terwyl ander gebiede voorkeur kry. Die betogings het Saterdagaand in geweld ontaard. Twee minibustaxi’s en ‘n bakkie is ook aan die brand gesteek. ‘n Groot polisieteenwoordigheid in die omgewing is
NOP of IPAP?
Die DA gaan die Nywerheidsbeleidsaksieplan teenstaan wanneer die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, dit vandag aan die parlementêre portefeuljekomitee voorlê. Die plan, bekend as die IPAP, is vroeër vandeesmaand deur Davies bekendgestel nadat dit in Maart deur die kabinet aanvaar is. Die dokument is daarop gemik om ekonomiese groei te skep en behels
