Naspers se skreiende dubbele standaarde

Toe die vermeende straatnaamveranderaars in Pretoria vasgetrek is, is nie net hulle ras nie, maar sommer ook hulle kerkverband (bid jou aan!) wyd en syd deur Naspers se publikasies gepubliseer. Gemeet aan die skokkende standaarde van geweldsmisdaad in Suid-Afrika, is die beweerde straatnaamverandering waarskynlik in die onderste een-duisendste op die skaal van erns betreffende misdaad.

Lees verder: Naspers se skreiende dubbele standaarde

Krugersdorpinwoner se kop deur rowers verbrysel

‘n Vrou van Monument in Krugersdorp se lyk is Dinsdag in haar huis aangetref waar haar kop oënskynlik met ‘n tuinskêr verbrysel is. Fan Liebenberg (80), is so verniel dat sy skaars herkenbaar was. Die moord is enkele dae nadat sy van haar vakansiehuis in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus teruggekeer het, gepleeg. Haar lyk

Lees verder: Krugersdorpinwoner se kop deur rowers verbrysel

Noorweë onttrek uit NAVO-sending

Noorweë het Maandag sy laaste vier F-16 vegvliegtuie onttrek wat deel van Navo se sending oor Libië was, het die Noorweegse weermag gesê. Die Noorweegse vliegtuie het 583 sendings oor Libië gevlieg uit ‘n totaal van 6 493 wat sedert 31 Maart deur NAVO uitgevoer is. Die vliegtuie het altesaam 569 bomme in Libië laat

Lees verder: Noorweë onttrek uit NAVO-sending

Omgewingspesialis vrees cholera in Jukskei

Mnr Paul Fairall, ‘n omgewingsaktivis wat ook ‘n deskundige oor vleilande en die rivieroewers is en die voorsitter van die Jukskei-opvanggebied se bestuursforum, het gesê die Jukskeirivier in Johannesburg is besmet met cholera. Die stroom wat die begin vanaf Bruma, deur Morninghill, deur Oriel en verby Alexandra is hoogs besmet, volgens Fairall. Hy het gesê

Lees verder: Omgewingspesialis vrees cholera in Jukskei

Foeitog, arme Ferial

Ferial Haffajee, redaktrise van die City Press, voel gekrenk, seergemaak en gekwes. ‘n Rubriekskrywer wat me Haffajee voorheen bewonder het, het haar in ‘n Sowetan as ‘n agent van blanke kapitaal bestempel en geskimp-skimp dat sy Mama Winnie se buiteband-terapie moet ontvang. Vreemd, terloops, hoe die gewraakte rubriek eers gepubliseer is, maar die skrywer eers

Lees verder: Foeitog, arme Ferial

Tea Party is terroriste sê vise-president

Vise-president Joe Biden het Republikeine wat die Tea Party ondersteun Maandag daarvan beskuldig dat hulle “opgetree het soos terroriste” in die stryd oor die verhoging van die land se skuldlimiet, volgens verskeie bronne. Biden het Mike Doyle (D-Pa.) by ‘n twee-uur-lange, Demokratiese koukusvergadering agter geslote deure ondersteun nadat Doyle gesê het: “Ons het met terroriste

Lees verder: Tea Party is terroriste sê vise-president

‘VSA teer soos parasiet op globale ekonomie’

Russiese eerste minister Wladimir Poetin het Maandag die Verenigde State daarvan beskuldig dat hulle “soos ‘n parasiet op die globale ekonomie teer” en dat die dollardominansie ‘n bedreiging vir die finansiële markte inhou. “Hulle leef buite hulle vermoëns en skuif die las van hul probleme oor op die wêreld-ekonomie,” het Poetin gesê aan die pro-Kremlin

Lees verder: ‘VSA teer soos parasiet op globale ekonomie’