Ferial Haffajee, redaktrise van die City Press, voel gekrenk, seergemaak en gekwes. ‘n Rubriekskrywer wat me Haffajee voorheen bewonder het, het haar in ‘n Sowetan as ‘n agent van blanke kapitaal bestempel en geskimp-skimp dat sy Mama Winnie se buiteband-terapie moet ontvang. Vreemd, terloops, hoe die gewraakte rubriek eers gepubliseer is, maar die skrywer eers afgedank is nádat die bruin goed die waaier getref het. Het die Sowetan se redaksie dan nie die rubriek vóór sy publikasie gelees nie? Hoe dit ook al sy, die “arme” me Haffajee voel tans bleek, bewerig en huilerig.
Jammer, Ferial, maar my hartjie bloei nou nie juis te veel vir jou nie. Was dit nie jy wat tog so hard probeer het om jou anti-blanke “Struggle credentials” met hierdie rubriek van jou te poets nie?
Wys jou net. Niemand hou van ‘n gekruipery nie. Ook nie eens diegene by wie jy kruip nie. Die slag as dinge in Afrika hande wil uitruk, is en bly jou etnisiteit en ligter velkleur jou uniform, maak nie saak hoeveel gate jy probeer soen het nie. Vra gerus vir die Indiërs wat deur Idi Amin verjaag is.
