“Hulle leef buite hulle vermoëns en skuif die las van hul probleme oor op die wêreld-ekonomie,” het Poetin gesê aan die pro-Kremlin jeuggroep Nashi, by hulle jeugkamp vyf ure se ry noord van Moskou.
“Hulle is soos parasiete van die globale ekonomie en leef van hul monopolie van die dollar,” het Poetin gesê aan bewonderende jong Russe tydens die vergadering, in wat lyk soos ‘n vroeë veldtog voor die parlementêre en presidensiële verkiesings.
Amerikaanse president Barack Obama het vroeër aangekondig dat ‘n laaste wanhopige ooreenkoms om $2,4 triljoen se tekort oor meer as ‘n dekade te besnoei, bereik is om te probeer verhoed dat die land se AAA-kredietgradering te veel na benede aangepas word.
“Dank God,” het Poetin het gesê, “dat hulle genoeg gesonde verstand het en die verantwoordelikheid om ‘n gebalanseerde besluit te maak.”
Maar Poetin, wat al dikwels die Verenigde State se buitelandse valutabeleid gekritiseer het, het opgemerk dat Rusland ‘n groot hoeveelheid Amerikaanse effekte en staatseffekte hou.
Meningsopnames wys dat Poetin steeds wyd beskou word as sy land se sterkste leier, met naby aan 70% se goedkeuring.
