Die asielsoekers dring aan op vlugtelingstatus.
Ten minste 35 mense is tydens die botsings beseer.
Betogers het die polisie met klippe en metaalpype getakel terwyl die polisie op hul beurt traangashouers gegooi en in die lug in geskiet het om die oproeriges uitmekaar uit te dryf.
Betogers het ‘n hoofpad en ‘n spoorlyn geblokkeer en verbygaande motors is onder klippe gesteek.
‘n Gebou wat deel is van die immigrasiesentrum is erg beskadig tydens die betogings.
Die polisie het daarin geslaag om die pad weer oop te stel, maar die spoorweg is deur groot klippe versper.
“Diegene wat verantwoordelik is, behoort gestraf te word,” het Alfredo Mantovano, ‘n regeringsamptenaar, gesê.
Daar was die afgelope paar weke ‘n hele aantal betogings by verskeie vlugtelingskampe in Italië.
Dié kampe is meestal vol migrasiewerkers wat uit Libië gevlug het.
