Tea Party is terroriste sê vise-president

Vise-president Joe Biden het Republikeine wat die Tea Party ondersteun Maandag daarvan beskuldig dat hulle “opgetree het soos terroriste” in die stryd oor die verhoging van die land se skuldlimiet, volgens verskeie bronne.

Biden het Mike Doyle (D-Pa.) by ‘n twee-uur-lange, Demokratiese koukusvergadering agter geslote deure ondersteun nadat Doyle gesê het: “Ons het met terroriste onderhandel.”

Volgens bronne in die koukuskamer, het Doyle gesê: “Hierdie klein groep van terroriste het dit onmoontlik gemaak het om enige geld te bestee.”

Biden, wat gedryf word deur sy demokratiese bondgenote se bedenkinge oor die skuldlimietooreenkoms, het geantwoord: “Hulle hét opgetree soos terroriste.”

Biden se kantoor het aanvanklik geweier om kommentaar te lewer oor wat die vise-president het gesê het, maar nadat Politico die kommentaar gepubliseer het, het sy woordvoerder Kendra Barkoff die skade probeer beperk deur te sê: “Die woord is gebruik deur verskeie lede van die Kongres. Die vise-president glo nie dit is ‘n gepaste term in die politieke diskoers nie.”

Biden het later ontken hy dat die term gebruik het in ‘n onderhoud met CBS.

“Ek het nie die terrorisme-woord gebruik nie,” het Biden gesê aan die CBS Evening News se nuusleser en besturende redakteur Scott Pelley.

free gambling gameФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae