Die einde van ‘Fran?afrique’?

Image

Jacques Chirac

Die spitsberaad tussen die Franse staatshoof Jacques Chirac en Afrikaleiers het Vrydag in Cannes, Frankryk, ten einde geloop. Waarnemers sien hierdie byeenkoms as die einde van die dekadelange eksklusiewe verhouding tussen Frankryk en sy voormalige kolonies. Vir die eerste keer het die Duitse kanselier, Angela Merkel, die beraad bygewoon.

In sy openingstoespraak het Chirac na Afrika as “die wieg van die mensdom” verwys. Dit is die laaste beraad met Afrika wat hy as Franse staatshoof bygewoon het. Hy het lank uitgebrei oor die konsep van Frankryk se “vennootskap” met die vasteland, maar dit was Angela Merkel wat dit die duidelikste gestel het: “Dít wat ons in Europa reggekry het, moet ook op julle vasteland gebeur,” het sy gesê. Sy het verwys na haar eie jeug in Oos-Duitsland en die “onmoontlikheid” om haar die idee van vryheid, die val van die Berlynse Muur en ‘n Europese Unie bestaande uit 27 lande voor te stel. “Ons wil julle help om hierdie droom vir julle vasteland te verwesenlik. Dit is ons taak,” het sy liries voortgegaan.

Lees verder: Die einde van ‘Fran?afrique’?

Afrikaanse skole is ‘rassistiese kastele’

Image

Fikile Mbalula

Volgens die ANC-jeugliga verteenwoordig Afrikaanse skole “rassistiese kastele… waarin ouers daarna streef om ‘n rassismeduiwel te bestendig”. Die organisasie meen dat ouers van Afrikaner-kinders “wat vaskleef aan die rampspoedige apartheidsvisie” nie toegelaat moet word om hul “biologiese kinders op skool te vergiftig nie”. Die organisasie doen dus op ‘n manier aan die hand dat die staat soos in die voormalige Sowjetunie beheer sal neem oor Afrikanerkinders om hulle in staatswaardes te “skool” of te indoktrineer.

Die ANC-jeugliga beskou “die lawaai oor eksklusiewe Afrikaner-skole as bloot die top van die ysberg wat rassisme betref. Nie in ons leeftyd nie, en ook nie in ‘n miljard jaar sal ons rassisme toelaat nie!” het die leier van die beweging, Fikile Mbalula, gesê.

Lees verder: Afrikaanse skole is ‘rassistiese kastele’

Buurman skiet aanvaller dood

’n 63-jarige man is gewond in ‘n skietery met gewapende aanvallers op sy plaas in Renosterspruit naby Pretoria op Vrydag 16 Februarie, het Netcare 911 gesê. “Die man is in ’n hinderlaag gelei en in sy regterbeen geskiet…,” het segsman Tervor Putterill verklaar. Een van die rowers is deur ’n buurman doodgeskiet. “Die man is

Lees verder: Buurman skiet aanvaller dood

Pandor ‘nie teen Afrikaans’

Die minister van onderwys, Naledi Pandor, het gister gesê dat sy die gebruik van Afrikaans en ander inheemse tale as onderrigmedium in skole ondersteun. Sy was besig om te reageer op ‘n verklaring van die Demokratiese Alliansie dat “sy besig was om ‘n ideologiese veldtog teen Afrikaans te voer”.

Image

Naledi Pandor

Die DA-verklaring het gevolg in reaksie op ‘n uitspraak van die Pretoriase Hooggeregshof wat Ermelo-hoërskool beveel het om 113 graadagtleerlinge in te neem wat in Engels onderrig wil word. Hiermee is die voorheen Afrikaanstalige skool in ‘n parallelmediumskool verander.

Die party het Pandor Woensdag daarvan beskuldig dat sy die skool- en regstelsel uitbuit. Désirée van der Walt, die DA se segsvrou oor opvoeding, het gesê dat die hofoorwinning vir die minister dreig om die opvoedingstelsel in chaos te dompel en dat die lewe vir sommige sukkelende skole nóg moeiliker gaan word.

Maar, sê Pandor, dit sal nie gebeur nie. “Die waarheid is dat dié nie ‘n taalkwessie is nie, maar suiwer een van toegang tot opvoeding. Meer as 100 leerders is toegang tot ‘n skool geweier wat te min inskrywings ontvang het."

Lees verder: Pandor ‘nie teen Afrikaans’

Minderwaardigheid katalisator vir etniese geweld

ImageIn sy boek The Deadly Ethnic Riot bespreek Donald Horowitz die oorsake van etniese konflik. Dit bied 'n interessante perspektief op die gebeure in Zimbabwe.

Volgens Horowitz tree meerderhede soms op asof hulle minderhede is: hulle oordryf die bedreiging wat 'n getalleminderheid inhou en onderskat hul eie vermoë om 'n bedreiging die hoof te bied.

Dikwels tree meerderhede op asof die bedreiging van 'n minderheid nie net binnelands bestaan nie, maar asof daar groot buitelandse affiniteit met 'n sekere etniese groep is.

Anti-Moslemgevoelens in Indië is tydens die 1992-onluste só gedramatiseer dat soekligte ter see ingespan is om die (nie-bestaande) Pakistanse invallers vroegtydig te kon afweer.

In Zimbabwe word Brittanje betrek by die krisis. Armoede, wat deur die regering van pres. Robert Mugabe gesien word as uitsluitlik die gevolg van kolonialisme, en 'n dreigende hongersnood vanweë die voedselkrisis, word 'n aanklag teen wit boere. Boere moet dus vergoeding vir grondonteiening van die "koloniale uitbuiter" eis en nie van die Zimbabwiese regering nie.

In albei gevalle lê die probleem elders en die teikengroep word daaraan gekoppel.

Lees verder: Minderwaardigheid katalisator vir etniese geweld

Afrikaanse skole: ‘Die revolusie venietig die kultuur van die verlede’

ImageTot dusver het die ANC-jeugliga, die Jong Kommunisteliga en die SA Demokratiese Onderwysersunie hul tevredenheid uitgespreek met regter Bernard Ngoepe en ander se uitspraak teen Ermelo-hoërskool se taalmedium, Afrikaans.

Volgens Zizi Kodwa van die ANC-jeugliga moet Afrikaners aanvaar dat “’n revolusie die simbole en kultuur van die verlede vernietig. Dit beteken ook dat alle straat- en plekname verander moet word. ‘n Mens kan nie ‘n revolusie met die simbole van die verlede hê nie.”

Die Jong Kommunisteliga het insgelyks sy tevredenheid met die Hoërskool Ermelo se neerlaag in die hof uitgespreek en die “Bantoe-onderwystaktiek van Afrikaanse openbare skole” verdoem. Die Jong Kommuniste het die woorde van kameraad Chris Hani aangehaal: "Ons stryd was nie om die nasionale vlag en die personeel in die Uniegebou te verander nie”. Pogings van Ermelo-hoërskool om moedertaalonderrig te verseker, is deur die beweging beskryf as ‘n manier om “die nasionale opvoedkundige transformasieprojek” teen te staan.

Lees verder: Afrikaanse skole: ‘Die revolusie venietig die kultuur van die verlede’

Ek wil geen etniese konflik, Koos

Koos Kombuis se begrip van die politiek is op sy beste idiosinkraties en hy druk homself natuurlik in die idioom van ‘n ewige adolessent uit. Hy maak ook ‘n gevaarlike, foutiewe stelling op Litnet as hy die volgende sê:

"Ja, is dit nie ironies nie? Dit wat die ANC wil hê, is presies wat Dan Roodt wil hê. Nie ’n stryd om demokrasie nie, maar ’n etniese stryd. ’n Stryd wat ‘ons’ (wie ‘ons’ ook al is) nooit kan wen nie."

Vir seker sien ek en die ANC die wêreld op geheel en al verskillende maniere. Anders as die ANC, het ek nog nooit geweld gepleeg of selfs gepredik nie.

Image

Bekommerde Koos

Ek dink Koos Kombuis blameer my vir die toestand in die land terwyl my enigste fout is dat ek ‘n goeie analise gedoen het. Reeds sewe jaar gelede toe almal nog met sterre in hul oë van ons wonderlike grondwet en die reënboognasie gepraat het, het ek ‘n artikel aan Ebbe Dommisse, die destydse redakteur van Die Burger, voorgelê waarin ek geargumenteer het dat die De Klerk-skikking baie gevaarlik was en heel moontlik op burgeroorlog mag uitloop. Destyds het hy gevoel dis te sterk gestel en wou dit nie publiseer nie.

Lees verder: Ek wil geen etniese konflik, Koos

Angela Merkel se beroep op Suider-Afrika

Angela Merkel Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het ‘n beroep op Zimbabwe se buurlande gedoen om die “lyding” wat deur Robert Mugabe se beleid veroorsaak word, te beëindig. Duitsland beklee tans die Europese Unie se voorsitterstoel. Die kanselier se beroep is vroeër vandag in Cannes by die Afrika-Frankrykberaad gemaak. Volgens Merkel is daar “groot kommer”

Lees verder: Angela Merkel se beroep op Suider-Afrika

Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin

MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) Komende ná die Ermelo-hofsaak waarin die laaste oorblywende Afrikaanse hoërskool in die Oos-Transvaal gedwing word om Engelse klasse in te stel, getuig minister Pallo Jordan se uitspraak dat die ANC "Afrikaans sal bevorder" van ‘n humorsin, sy dit dan wrang. Afrikaans figureer feitlik nêrens meer as amptelike taal in die

Lees verder: Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin

Afrikaners en die buiteland

Met belangstelling het ek van die menings op u webblad kennis geneem. Dit is duidelik dat Afrikanereenheid steeds 'n byna onmoontlike doelstelling is, dat misdaad en die stryd daarteen die denke oorheers en dat Afrikaners in hul geboorteland om regmatige erkenning moet stry.

Nie 'n enkele van hierdie sake interesseer buitelanders ook maar vir een oomblik nie. Ja, die media gee hier en daar aandag aan die agteruitgang van Afrika maar altyd teen die agtergrond van "die resultaat van apartheid, verdrukking van swartes, die gevolge van slawerny en diskriminasie in die verlede." Baie Afrikaners praat uiteindelik maar mee in die koor.

Dit is opvallend dat ook diegene wat Afrika ken (dit behoort tog veral Afrikaners te wees nie waar nie ?) geen duidelik gemotiveerde en omlynde verklaring vir die geweldskultuur en misdaadeskalasie in Suid-Afrika maar ook die hele swart Afrika, gee nie. Die lied van die bogenoemde koor kry geen teëgeluid nie. Bly die "apartheid, diskriminasie, uitbuiting, kolonialisme, slawerny" koor die botoon sing, dan het die Afrikaner by name verloor, heeltemal verloor en sal hy altyd met die gevolge van sy politieke verlede gekonfronteer bly. Vanuit propaganda oogpunt gesien wen die ANC en Mbeki steeds.

Dat die res van die wêreld Afrika afgeskryf het is bekend. Weinig stel belang om die toestand te vebeter. Afrika moet homself met sy eie skoenveters oplig.

Vanuit die buiteland gesien (waar ek woon) is Afrika 'n enigma en die Afrikaners 'n onbeduidende tragiese oorblyfsel van 'n tydperk. Die oomblik as hierdie besef tot 'n mens deurdring dan emigreer jy – soos baie Afrikaners dan ook doen. Dit is 'n geldige en waardevolle antwoord op 'n oorlewingsprobleem wat in werklikheid soos 'n swart afgrond lyk.

Lees verder: Afrikaners en die buiteland