Apple se fabrieke in China maak gebruik van tienduisende studente, sommige onder dwang om internskappe te voltooi. Dié arbeidspraktyke is in skrille kontras met die Amerikaanse handelsmerk se beeld van ‘n etiese bedryf. Die Foxconnaanlegte wat iPhones aanmekaar sit, gebruik soms studente so jonk as 16 jaar. Dié bekende handelsmerk is nie net besonder suksesvol
Moslems neem beheer van Egiptiese lente
Die Moslem-broederskap, die Egiptiese Islamitiese groep wat reeds die land se parlement beheer, het aangekondig dat hulle ‘n presidensiële kandidaat sal stel in ‘n skuif wat waarskynlik konfrontasie met die land se militêre leiers sal laat eskaleer. Die groep het gesê Khairat al-Shater is gekies as kandidaat vir die presidensiële verkiesing van 23 Mei. Die
VSA druk SA oor Iranese olie
Suid-Afrika is een van vyf lande wat binne drie maande hul invoer van olie uit Iran drasties sal moet verminder om Amerikaanse sanksies teen banke te keer. Pres. Barack Obama het as rede vir sy versoek gesê: “Daar is ander olieprodusente wat ru-oliepryse verlaag het vir dié rede.” Suid-Afrika, Indië en China moet teen 1
Bruin US-dekaan wil fakulteit verengels
Die Universiteit van Stellenbosch (US) se fakulteit gesondheidswetenskappe het in ‘n verslag aanbeveel dat Engels die taal van onderrig by ten minste twee instansies word, berig Die Burger. Dit sluit die Tygerbergse kampus en die Tygerberg-hospitaal in Bellville in. Dié verwikkeling het weer die vermoede versterk dat die bruin hekwagters wat die universiteit aangestel het
Alle wit name moet gaan – ANC
Tydens ’n spesiale perskonferensie wat by Gallagher Estates gehou is, het die minister van kuns en kultuur, die eerbare Paul Mashathile, aangekondig dat die voorname van alle blankes in Suid-Afrika gaan verander word ter wille van transformasie en rekonsiliasie. Hierdie dramatiese skuif kom te midde van die hernude kontroversie rakende die naamveranderinge van stede en
Ope brief aan die DA oor Pretoriase straatnaamsveranderinge
In ‘n berig deur die dagblad ‘Beeld’ 29 Maart 2012, ‘DA stem nie oor name’ het mnr Johan Jansen volgens die berig gestel: ‘Mnr. Johan Jansen (DA) het gesê hy sou wou sien dat Kerkstraat eerder na Nelson Mandela-rylaan verander word.’ Die uitlating of standpunt kan nie sondermeer gelaat word nie en die Kerkraad van
Lees verder: Ope brief aan die DA oor Pretoriase straatnaamsveranderinge
Die ‘Dutch Mark’ om die nek
Van die 1860jare af het die verengelsing in die Kolonie toegeneem, veral deur middel van die skole. Selfs op die speelterrein moes die kinders Engels met mekaar praat om straf vry te spring. In party skole is gebruik gemaak van ‘n sleutel, blokkie of hartvormige plank waarop iets geskryf is soos: “I am a donkey”.
Alles in SA en VSA wentel om ras
Ek dink as ons land eers vorentoe in volslae chaos verval, gaan daar gewonder word oor al die verlore geleenthede wat nooit aangegryp is nie. Ons moes lankal ‘n rassedebat in dié land aan die gang gesit het soos wat Pat Buchanan in sy jongste rubriek It’s All About Race Now, doen. Toe ek dit
DA sal tweede stuggle uit Oos-Kaap lei
Die Oos-Kaap benodig ‘n “tweede struggle” om hom van inteel-kapitalisme en korrupsie te bevry, het Helen Zille, DA-leier, Saterdag in Grahamstad gesê. Zille het uit ‘n ongepubliseerde manuskrip, deur Greg Mills, kenner op die gebied van internasionale sake, aangehaal en gesê: “Baie van Afrika het twee vryhede ervaar; die eerste van die koloniale en of
Ons gaan ook ‘struggle’-liedjies sing, sê Afrikaanse organisasies
Tydens ‘n spesiale bosberaad tussen die ANC en invloedryke Afrikaanse organisasies, is daar besluit dat blankes meer “struggle”-liedjies moet leer. Verreikende besluite is ook oor die herstandaardisering van Afrikaans geneem. Die bosberaad is Vrydag en Saterdag op ‘n wildsplaas naby Modimolle gehou. Verteenwoordigers van Solidariteit, Naspers, die Afrikaanse Taalraad, die Akademie en die Afrikaanse Handelsinstituut
Lees verder: Ons gaan ook ‘struggle’-liedjies sing, sê Afrikaanse organisasies
