Die Universiteit van Stellenbosch (US) se fakulteit gesondheidswetenskappe het in ‘n verslag aanbeveel dat Engels die taal van onderrig by ten minste twee instansies word, berig Die Burger.
Dit sluit die Tygerbergse kampus en die Tygerberg-hospitaal in Bellville in.
Dié verwikkeling het weer die vermoede versterk dat die bruin hekwagters wat die universiteit aangestel het om Afrikaans polities korrek, “inklusief” en aanvaarbaar te maak, Engels verkies en ten koste van Afrikaans sal bevorder.
Prof. Christo Viljoen, president van die US se konvokasie, het as ‘n “eensydige, onwetenskaplike en ‘n ongebreidelde aanval op Afrikaans as onderrig- en kommunikasietaal,” beskryf.
Volgens Viljoen word Afrikaans in die Wes-Kaap, deur 61% van die inwoners Afrikaans as huistaal gebesig.
Prof. Jimmy Volmink, die bruin dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe, en me. Dianna Yach is die opstellers van die verslag. Yach is uitvoerende assistent vir transformasie en gelykheid in Volmink se kantoor.
Die verslag is volgens lede van die universiteitsraad ‘n prul. Dit is vol “onakademiese aansprake en teenstrydige aanbevelings”. Die skoonmakers by die universiteit is ook glo genader toe die verslag opgestel is.
Dr. George du Toit, dienende lid van die raad sê dit is versinnings “van ‘n fanatikus met ‘n vooropgestelde agenda.” Hy sê die belangrikste rolspelers is nie betrek nie wat dit uiters eensydig maak.
Volmink het die verslag verdedig en gesê: “Dit was ‘n manier om met studente en personeel in gesprek te tree oor wat werk en waar die fakulteit kan verbeter ten opsigte van die bevordering van gelykheid, menseregte en inklusiwiteit.”
