praag.co.za

Alle wit name moet gaan – ANC

Written by

in

Tydens  ’n  spesiale perskonferensie wat by Gallagher Estates gehou is, het die minister van kuns en kultuur, die eerbare Paul Mashathile, aangekondig dat die voorname van alle blankes in Suid-Afrika gaan verander word ter wille van transformasie en rekonsiliasie. Hierdie dramatiese skuif kom te midde van die hernude kontroversie rakende die naamveranderinge van stede en strate in Suid-Afrika.

“Die ANC is bewus daarvan dat daar ’n  tragiese onwilligheid onder witmense is om die inklusiewe kultuur van die Nuwe Suid-Afrika aan te gryp,” het Mnr. Mashatile opgemerk. “Ware transformasie kan nie doeltreffend bereik word terwyl lede van ’n  bepaalde ras agter Eurosentriese name skuil nie. Om ’n  wit voornaam gekoppel met ’n  wit van te hê, getuig van ’n  houding van Wit Superioriteit.

Dis eers wanneer ons name uit dieselfde tradisie het, wat ons mekaar as ware broers en susters kan vind op weg daarna om van Suid-Afrika die ware tuiste van alle volke te maak.”

Volgens die wetsontwerp wat môre in die Staatskoerant gepubliseer sal word, sal blankes die vergunning hê om een blanke naam en hulle van te behou. Hulle sal egter ’n  Afrika-naam moet kies om in samewerking met hulle oorspronklike naam te gebruik. Hierdie name moet binne ’n  maand by die Registrateur van Name geregistreer word.

“Indien mense in gebreke bly om hulle Afrika-name volgens die wet te registreer,” het Mashatile bygevoeg, “sal die regering name aan hulle toewys. Getroue kaders van die ANC het reeds hulle nuwe name gekies. Die eerste naam om in die nuwe formaat geregistreer word is dié van Molefe Marthinus van Schalkwyk.”

Volgens die bepaling van die Wet op die Transformasie van Voorname sal slegs die nuwe gebruik in amptelike transaksies aanvaar word. Alle identiteitsdokumente en paspoorte moet die hierdie veranderinge voor of op 1 April 2013 reflekteer.

Grondwetkenner, prof. Ketlele Pierre de Vos, het gesê die regering was heeltemal binne regte om op die veranderinge aan te dring.

“Dit is die regering se taak om die proses van rekonsiliasie te dryf,”  het hy gesê. “Diegene wat hulle teësit moet daarop let dat sonder die gebruik van die nuwe formaat mense hulle voertuig- en ander lisensies sal verbeur en nie in staat sal wees om paspoorte te kry nie.”

Volgens berigte het die vier groot banke aangedui dat alle rekeninge binne ’n  jaar verander sal word na die nuwe formaat. Indien die kliënte nie hulle eie Afrika-name sal kies nie, sal die banke dié name wat deur die regering toegewys is, gebruik.

“Dit is ’n  kragdadige stap,” het Mereki Maria Ramos, die hoofbestuurder van ABSA gesê. “Die 1ste April sal in die toekoms onthou word as die dag waarop Suid-Afrika sy siel ontdek het.”

Die afkondiging is positief in Afrikaanse kringe ontvang.

“Wat goed genoeg is vir Nelson Rolihlahla Mandela is goed genoeg vir my,” het Kgatlebelo Max du Preez gesê.

Me. Malerato Samuels, voormalig bekend as Antjie Krog, het in reaksie gesê dat sy “in ekstase” is. “Ek wil net nog uitvind hoe om van al die bagasie ontslae te raak, en dit sluit my Westerse van in.”

прокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply