VSA druk SA oor Iranese olie

Suid-Afrika is een van vyf lande wat binne drie maande hul invoer van olie uit Iran drasties sal moet verminder om Amerikaanse sanksies teen banke te keer.

Pres. Barack Obama het as rede vir sy versoek gesê: “Daar is ander olieprodusente wat ru-oliepryse verlaag het vir dié rede.”

Suid-Afrika, Indië en China moet teen 1 Julie hul olie-invoere uit Iran verminder om te verseker dat banke in dié lande nie internasionale transaksieregte verbeur agv drakoniese Amerikaanse wetgewing nie. Turkye en Suid-Korea verkeer onder dieselfde druk.

Meer as 65% van Iran se olie-uitvoer gaan aan dié vyf lande. Die VSA glo dat Iran uiteindelik só sal afsien van sy kernwapenprogram.

Suid-Afrika is nie op die lys van 11 lande wat die Amerikaanse departement van buitelandse sake verlede week onthef het van finansiële strafmaatreëls teen lande wat sake doen met Iran nie.

Japan en Italië – wat 10% van Iran se olie invoer – is wel op die lys. Japan moes byna al sy kernkragstasies sluit na die onlangse kernramp en gebruik tans olie om krag op te wek.

Suid-Afrika, het as Brics-lidland verlede week aangedui hulle ondersteun nie “eensydige sanksies teen Iran nie”. Die land voer 26% van sy olie van Iran in, het ‘n regeringswoordvoerder, Clayson Monyela, vroeër bevestig.

топкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae