Moslems neem beheer van Egiptiese lente

Die Moslem-broederskap, die Egiptiese Islamitiese groep wat reeds die land se parlement beheer, het aangekondig dat hulle ‘n presidensiële kandidaat sal stel in ‘n skuif wat waarskynlik konfrontasie met die land se militêre leiers sal laat eskaleer.

Die groep het gesê Khairat al-Shater is gekies as kandidaat vir die presidensiële verkiesing van 23 Mei.

Die Broederskap het verlede jaar belowe dat hulle nie aan die presidensiële verkiesing sal deelneem nie in ‘n klaarblyklike poging om die weermag en die Weste gerus te stel dat daar nie ‘n Islamitiese bedreiging bestaan nie.

Hulle sê nou egter hulle is gedwing om ‘n kandidaat te stel deur die koppigheid van die regerende militêre raad wat geweier het om die tussentydse regering af te dank.

Vryheid en geregtigheid, die politieke arm van die broederskap, het net onder die helfte van die setels in die parlement ingepalm. Nour, ‘n ultrakonserwatiewe Islamitiese groep, beheer ‘n kwart van die setels. Die Broederskap is besig om steun in die regering onder leiding van Kamal Ganzouri (wat deur die weermag aangestel is) te onttrek.

Mahmoud Hussein, ‘n senior Broederskapbeampte, het gesê die besluit is geneem in reaksie op “bedreigings vir die Egiptiese rewolusie” en die land se demokratiese oorgang.

Tekens van ‘n magstryd tussen die broederskap en die militêre raad het verlede week losgebars. Die Islamiete het gewaarsku teen ‘n tweede revolusie, terwyl die generaals gesinspeel het op ‘n moontlike terugkeer na die onderdrukkende maatreëls van die verlede gerig teen die Broederskap.

Ontleders sê die magsgeskil gaan toets of die weermag in staat sal wees om in die post-Moebarak era staande te bly.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae