Zille het uit ‘n ongepubliseerde manuskrip, deur Greg Mills, kenner op die gebied van internasionale sake, aangehaal en gesê: “Baie van Afrika het twee vryhede ervaar; die eerste van die koloniale en of rassistiese regimes, en die tweede van die teleurstelling van bevryders”.
“Ons in Suid-Afrika het al vir so lank die gevolge van kolonialisme en apartheid gedra, en leef met die waan dat indien ons suksesvol is in ons eerste vryheidstryd, sal die res outomaties volg,” het sy gesê.
Die DA moet die tweede stryd lei, omdat dit die enigste party is wat oor die waardes en beleidsrigtings beskik wat nodig is om armoede te verlig en werkloosheid te verminder, het Zille gesê.
Zille het verder gesê die Oos-Kaap, met sy ryk struggle-geskiedenis, het die nuwe vryheid meer nodig as ander provinsies omdat dié provinsie oor die afgelope 18 jaar “so verwaarloos en verraai” is.
As die provinsie van oudpres. Nelson Mandela, is die Oos-Kaap dít aan hom verskuldig in die “skemer van sy lewe”.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.