Amerika se minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het Woensdag in Pakistan bekendgemaak dat Amerika sowat $125 miljoen aan die land sal skenk om hulle met hulle elektrisiteitstoevoer by te staan. “Die fondse sal gebruik word om sekere fasiliteite te verbeter, pompe te herstel en effektiewe elektrisiteitstoevoer te verseker,” het Clinton aan die media gesê.
Leier in KwaZoeloe-Natal vermoor
‘n Indoena van Maphumulo in KwaZoeloe-Natal is in sy bed doodgeskiet terwyl hy langs sy vrou lê en slaap het. Sicelo Memela, ‘n tradisionele leier, was aan die slaap in sy kamer toe hy 2uur die oggend in die kop geskiet is. Sy vrou het niks oorgekom nie en daar was geen teken dat iemand
Polisie brand los op bruin plakkers
Die Johannesburgse metropolisie het rubberkoeëls op inwoners van Eldoradopark gevuur nadat hulle oproerig geraak het oor die sloping van hul plakkershutte. Insp. Edna Mamonyane het gesê die inwoners het die metropolisie met klippe bestook toe hulle die plakkershutte begin sloop. Die inwoners het ook die paaie met brandende bande versper uit protes teen dié sloping.
Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek
Die Oos-Kaapse premier, Noxolo Kiviet, het tydens ‘n besoek aan ‘n skool geen matriekleerders by die hoërskool Imidushane gevind nie. “‘n Uur het verbygegaan en daar was geen leerders by die skool nie. Die onderwysers moes die leerders in die dorp gaan soek,” het Tobile Gowa, ‘n woordvoerder van die provinsiale regering, gesê. Nie een
Lees verder: Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek
Grapjas in die pad gesteek
Die werknemer verantwoordelik vir die speel van ‘n grapliedjie by Falcon Securities se potjiekos-aand, waarin Mandela glo beledig is, is in die pad gesteek. Klaarblyklik het ene Francois Robberts sy eie persoonlike CD langs die CD speler gesit om gespeel te word. Dit was sonder opset vir omtrent 15 sekondes gespeel voordat iemand dit afgesit
Vrou aan die brand gesteek
‘n Vyftigjarige vrou van Pietermaritzburg het derde en- tweedegraadse brandwonde opgedoen nadat sy met behulp van brandstof aan die brand gesteek is. Ooggetuies beweer die slagoffer is weens huishoudelike konflik aan die brand gesteek. Die nooddienste het haar egter alleen in haar huis in Howickstraat aangetref, het Derrick Banks, ‘n woordvoerder vir ER24 gesê. Sy
Russe wil kernruimtetuig bou
Die hoof van die Russiese ruimte-agentskap het voorgestel dat Rusland ‘n kernaangedrewe ruimtetuig moet bou. Anatoly Perminov het aan die regering gesê dat ‘n voorlopige ontwerp teen 2012 gereed sal wees. Die bou van die ruimtetuig sal na 2012 geskied. Dit sal sowat nege jaar duur en minstens R470 miljoen kos om te bou. President
‘n Afrikanersekerheidsmaatskappy
Dit is al lankal ‘n voldonge feit dat die Azaniese stelsel van reg en geregtigheid, nes alle ander regeringstrukture, stelselmatig besig is om in duie te stort. Die verrotting het in 1994 begin, toe rassistiese transformasie die howe en die polisiemag van binne begin rysmier het. Ek hoef nie eens die skokkende moordstatistieke van tot
Regs is nie ‘n vloekwoord nie
In Suid-Afrika word die begrip van linkse of regse politiek in die laaste tyd anders gedefinieer as voorheen. Politiek word baie meer ekonomies bedryf. Vandag word na die linkses verwys as die sosialiste en die regses as die kapitaliste. Daar is afwagting in die land, nie om te sien of Suid-Afrika se politiek links gaan
Geslagsgelykheid
{jathumbnail off} пескоструй на керхерФильчаков
