Die werknemer verantwoordelik vir die speel van ‘n grapliedjie by Falcon Securities se potjiekos-aand, waarin Mandela glo beledig is, is in die pad gesteek.
Klaarblyklik het ene Francois Robberts sy eie persoonlike CD langs die CD speler gesit om gespeel te word.
Dit was sonder opset vir omtrent 15 sekondes gespeel voordat iemand dit afgesit het.
Dié voorval het gevolg tot die inhegtenisneming van Ben Burger, die hoofuitvoerende beampte van Falcon Securities, op aanklagtes van crimen injuria in hegtenis geneem is.
Die werknemer het egter intussen ‘n beëdigde verklaring geteken waarin hy skuld erken.
