Polisie brand los op bruin plakkers

Die Johannesburgse metropolisie het rubberkoeëls op inwoners van Eldoradopark gevuur nadat hulle oproerig geraak het oor die sloping van hul plakkershutte.

Insp. Edna Mamonyane het gesê die inwoners het die metropolisie met klippe bestook toe hulle die plakkershutte begin sloop.

Die inwoners het ook die paaie met brandende bande versper uit protes teen dié sloping.

Minstens 200 plakkershutte is Dinsdag en Woensdag gesloop.

“Ons moes in die gebied gaan en met mense wat dié grond onwettig besit, afreken. Hulle het strukture op oop grond gebou,” het Mamonyane gesê.

Tien mense is Woensdagaand in hegtenis geneem tydens die betoging in Eldoradopark, het die polisie gesê.

“Hulle is in hegtenis geneem vir openbare geweld,” het kapt. Phillemon Khorombi, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Enver Naidoo, ‘n inwoner, is die bruin betogers omgekrap omdat swartes bo bruines behuising kry.

“As die swartes nies, dan kry die regering verkoue,” het Naidoo gesê.

Teen Donderdagoggend was daar steeds sowat 40 mense wat betoog het

 

 

оптика для светодиодных светильниковДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae