‘n Indoena van Maphumulo in KwaZoeloe-Natal is in sy bed doodgeskiet terwyl hy langs sy vrou lê en slaap het.
Sicelo Memela, ‘n tradisionele leier, was aan die slaap in sy kamer toe hy 2uur die oggend in die kop geskiet is.
Sy vrou het niks oorgekom nie en daar was geen teken dat iemand in die huis ingebreek het nie.
Die polisie is gebel en hulle het sy lyk in ‘n poel bloed in sy bed gekry.
Hulle vermoed dat ‘n haelgeweer gevbruik is.
Die rede vir die moord is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
