FW de Klerk ‘sterk goed aan’

Oudpresident FW de Klerk se operasie Dinsdag om ‘n pasaangeër te kry was suksesvol, het die FW de Klerk-stigting in ‘n verklaring gesê. Die stigting het Suid-Afrikaners vir hul goeie wense en boodskappe van ondersteuning bedank, en gesê die familie is ook dankbaar teenoor die “uitstekende mediese span” by die Panorama-hospitaal in Kaapstad waar die

Lees verder: FW de Klerk ‘sterk goed aan’

Hof sê Mandela-grafte moet na Qunu

Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het tot drieuur vanmiddag tyd om die oorskot van drie van Madiba se kinders vanaf Mvezo na Qunu in die Oos-Kaap te verskuif. Die Oos-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting vandag in die saak beslis. Sestien lede van die Mandela-familie, asook Madiba se vrou, Graca Machel, het Vrydag ‘n

Lees verder: Hof sê Mandela-grafte moet na Qunu

Aanval eis 16 in Egipte

‘n Groep ongeïdentifiseerde mans het Woensdagoggend 16 mense in Kaïro doodgemaak en sowat 200 beseer in ‘n aanval op ‘n saamtrek ter ondersteuning van die Egiptiese president, Mohamed Morsi,” het amptenare van die gesondheidsministerie gesê. Die aanval het plaasgevind te midde van Morsi se weiering om gehoor te gee aan die eise van duisende betogers

Lees verder: Aanval eis 16 in Egipte

Pres. Zuma se program druk

President Jacob Zuma het Woensdag ‘n vol skedule. Hy sal eers ‘n vergadering in die oggend met die Nasionale Beplanningskommissie bywoon om die inwerkingstelling van die Nasionale Ontwikkelingsplan te bespreek. In die middag sal hy as voorsitter van die vergadering van die Presidensiële Infrastruktuur Koördineringskomitee optree. Dit het betrekking op die Nasionale Infrastruktuur Plan wat

Lees verder: Pres. Zuma se program druk

Michelle Obama: Withuis is ‘n tronk

Michelle Obama:se onlangse besoek aan die gevangenis op Robbeneiland moes ‘n blywende indruk gelaat het. Sy het pas haar eie lewe in die Withuis beskryf as soos om in ‘n tronk te woon. Die Amerikaanse Eerste Dame, Michelle Obama het Dinsdag die lewe in die Withuis as soos om in ‘n “baie mooi gevangenis” te leef,

Lees verder: Michelle Obama: Withuis is ‘n tronk

Mandela se nalatenskap: ‘n Twis oor geld

Sedert Nelson Mandela se hospitalisasie, is sy dogter Makaziwe en kleinseun Mandla soos twee spreekwoordelike bulle in ‘n kraal. En dit gaan oor geld. Mandela se oudste dogter, Makaziwe Mandela (60) en oudste kleinseun, hoofman Mandla Mandela (38) is betrokke is in ‘n openbare twis oor die eienaarskap van die ikoon se nalatenskap, of liewer

Lees verder: Mandela se nalatenskap: ‘n Twis oor geld

‘Dokter’ swendelaar vasgetrek

Ongeveer R120 000 mediese voorraad is Donderdag gevind by ‘n man wat homself voorgedoen het as ‘n geregistreerde dokter. ‘n Man wat homself voorgedoen het as ‘n geregistreerde dokter in Pretoria-Noord is Donderdagmiddag gearresteer met die besit van mediese voorraad waarvoor hy nie ‘n permit gehad het nie. Volgens Marius Freysen, voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsforum

Lees verder: ‘Dokter’ swendelaar vasgetrek

DA-jeugleier se hut afgebrand

‘n Jeugleier van die Demokratiese Alliansie kruip weg nadat sy plakkershut die afgelope naweek in Kaapstad aan die brand gesteek is, berig die Daily Voice. Die 23-jarige Luzuko Mngqibisa het volgens die berig vroeg Saterdagoggend uit sy brandende plakkershut gevlug. Hy het ‘n draagbare spoeltoilet, rommel en ‘n brief voor sy huis gevind. “Ons wil

Lees verder: DA-jeugleier se hut afgebrand

Mandela-kinders takel mekaar oor geld

Nelson Mandela se kinders is hard aan die baklei oor die inkomste wat hul naam aan hulle mag verseker, en dit terwyl die oud-president nog nie sy laaste asem uitgeblaas het nie. ‘n Lid van die Mandela-familie het Maandag aan die Dispatch-koerant gesê Mandla Mandela sal uit die familie “uitgesluit” word as oudpres. Mandela sterf.

Lees verder: Mandela-kinders takel mekaar oor geld