‘n Groep ongeïdentifiseerde mans het Woensdagoggend 16 mense in Kaïro doodgemaak en sowat 200 beseer in ‘n aanval op ‘n saamtrek ter ondersteuning van die Egiptiese president, Mohamed Morsi,” het amptenare van die gesondheidsministerie gesê.
Die aanval het plaasgevind te midde van Morsi se weiering om gehoor te gee aan die eise van duisende betogers dat hy as leier van die land bedank.
Morsi weier ook om gehoor te gee aan ‘n ultimatum deur die weermag, wat hom 48 uur tyd gee om die onrus in sy land op te los, en sê hy beskou dit as ‘n poging van die weermag om ‘n staatsgreep uit te voer.
