Pres. Zuma se program druk

President Jacob Zuma het Woensdag ‘n vol skedule. Hy sal eers ‘n vergadering in die oggend met die Nasionale Beplanningskommissie bywoon om die inwerkingstelling van die Nasionale Ontwikkelingsplan te bespreek.

In die middag sal hy as voorsitter van die vergadering van die Presidensiële Infrastruktuur Koördineringskomitee optree. Dit het betrekking op die Nasionale Infrastruktuur Plan wat verlede jaar deur die regering aanvaar is en wat ten doel het om die land se ekonomie deur die bou van hawens, paaie en spoorweë te versterk.

Na raming is R827 miljard vir die projek oor die volgende drie jaar opsy gesit.

President Zuma sal moet bemiddel tussen die Minister van Openbare Werke, Malusi Gigaba en die Minister van Finansies, Pravin Gordhan. Gigaba vra dat die Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid van ondernemings onder staatsbesit verander word om swart sakeondernemings verder te bevoordeel in die tender-proses.

Maak 'n opvolg-bydrae