Hof sê Mandela-grafte moet na Qunu

Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het tot drieuur vanmiddag tyd om die oorskot van drie van Madiba se kinders vanaf Mvezo na Qunu in die Oos-Kaap te verskuif.

Die Oos-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting vandag in die saak beslis. Sestien lede van die Mandela-familie, asook Madiba se vrou, Graca Machel, het Vrydag ‘n hofbevel teen Mandela bekom om die oorskot na die oorspronklike grafte op Qunu terug te neem.

Mandela se regsverteenwoordigers voer aan dat die tussentydse bevel verwerp behoort te word, maar die Mandela-familie wil dit bekragtig hê.

Intussen kan Mandela ook strafregtelik aangekla word van grafskending nadat ‘n dossier hieroor geopen is. Die polisie wil egter nie bekend maak wie die klagte gelê het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae