Die polisie in Noordwes soek steeds na ses gewapende rowers in verband met ‘n transito-rooftoog naby Setlagoli waarin miljoene rande Dinsdag uit ‘n geldwa gebuit is. Polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê die transito-rowers het twee wagte van ‘n sekuriteitsmaatskappy vasgebind en brandstof oor hulle uitgegooi. Hy sê die wagte, wat onderweg was in die rigting van
Polisiebeampte wat verkragtingdossiere glo laat verdwyn, kry borg
‘n Bloemfonteinse polisiebeampte, wat na bewering dossiere uit die hof gesteel het, en ‘n plaaslike swart sakeman verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof. Patricia Pitt, van die Parkweg-polisiekantoor, is vroeër op borgtog van R3 000 vrygelaat terwyl Thulani Qhiti in aanhouding bly. Pitt het glo dossiere by die Bloemfonteinse landdroshof gesteel. Qhiti
Lees verder: Polisiebeampte wat verkragtingdossiere glo laat verdwyn, kry borg
Airbus doen noodlanding na bom glo op vlug ontplof
‘n Airbus A321 moes Dinsdag ‘n noodlanding op die Mogadisjoe-lughawe doen nadat ‘n bom vermoedelik ‘n gat bo die regtervlerk geruk het. Die vliegtuig het op daardie stadium ‘n hoogte van sowat 14 000 voet bereik. ‘n Passasier is uit die vliegtuig gesuig en die verkoolde lyk is sowat 25 km van die Mogadisjoe-lughawe af
Lees verder: Airbus doen noodlanding na bom glo op vlug ontplof
Drie kom om in vliegongeluk
Drie mense het omgekom toe ‘n ligte vliegtuig Woensdagoggend in ‘n park in Wattville in Benoni neergestort het. Die nooddienspersoneel van ER24 het die drie insittendes binne die verbrande wrak aangetref met hul aankoms op die gru-toneel. Hulle is op die toneel dood verklaar. Die vliegtuig het op sy dak gelê. Die oorsaak van die
De Klerk, Vlok staar strafregtelike aanklagte oor apartheidsmisdade in die gesig
Die kollektiewe skuld wat Afrikaners moet verduur oor apartheid, het uiteindelik ‘n gesig of twee gekry. Die Anti-Racism Action Forum (ARAF) sal Woensdag tot die logiese stap oorgaan om die apartheidspresident FW de Klerk van verskeie apartheidsmisdade aan te kla. Die oud-president en Nobelvredespryswenner het voorheen klaarblyklik geglo sy eie veroordelings van “rassiste” en “apartheidsapologete”
Lees verder: De Klerk, Vlok staar strafregtelike aanklagte oor apartheidsmisdade in die gesig
Droogte knou rooivleisbedryf, verbruiker
Die prys van rooivleis gaan na verwagting styg weens die ergste droogte in meer as honderd jaar. Die voorsitter van die Wes-Kaapse rooivleisprodusente-organisasie, John Durr sê kleinskaalse boere sukkel om voer vir hulle vee te produseer en tot by hulle te vervoer. Die voortslepende droogte gaan ook ‘n verlammende uitwerking op die ekonomie hê vanweë
Twee wit studente se eise teen Kovsies van die hand gewys
Twee wit studente se eise, wat ondermeer laster insluit, teen die Universiteit van die Vrystaat het nie geslaag nie. Afriforum het die regsgeding behartig. Die universiteit het oor hul oorwinning gekraai en gesê die saak teen twee van sy voormalige studente word beskou as afgehandel. Cobus Muller en Charl Blom het in twee afsonderlike sake
Lees verder: Twee wit studente se eise teen Kovsies van die hand gewys
Vrystaatse skole wag steeds op departement se subsidies
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) gaan die Vrystaatse onderwysdepartement hof toe sleep weens derduisende rande se uitstaande skoolsubsidies. Adjunkhoof van Fedsas, Jaco Deacon, sê die organisasie wil die departement verplig om uitstaande subsidies aan skole in die provinsie te betaal. Hy sê die departement het versuim om die uitstaande geld aan die
Lees verder: Vrystaatse skole wag steeds op departement se subsidies
Menigitis trek 38 plat in Mosselbaai
‘n Uitbreking van virale meningitis is in Mosselbaai in die Suid-Kaap aangemeld. Dié soort meningitis word deur ontlasting versprei en die simptome sluit koors, hoofpyne, maagpyn, braking, ‘n stywe nek en diarree in. Die 38 gevalle tussen 1 Desember 2015 en 1 Februarie is almal gehospitaliseer. Wes-Kaapse departement van gesondheid het bevestig dat 37 is
Ondersoek kom na seiljagongeluk op Weskus
Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid sal die seiljagongeluk aan die Weskus ondersoek. Drie mense was aan boord van die seiljag, wat glo van Langebaan na Kaapstad op pad was. ‘n Ierse burger wat in die Wes-Kaap woonagtig is, het oorleef en is nie beseer nie. Hy kon daarin slaag om die owerhede van die ongeluk in
