Praag-onderhoud met Steve Hofmeyr

Wie en wat is Steve Hofmeyr? Herbesinner van identiteit, herontdekker van grondslag, ewige bewonderaar van die lewe, gelowig maar nie bygelowig, lid van die mees dinamiese Afrikastam ooit, effe oorgretig maar nie ongeduldig, taaltrots maar nie puriteins nie en ’n softie in die aangesig van grootsheid, gediggies en melkkos. Wat ek weet, lê in die

Lees verder: Praag-onderhoud met Steve Hofmeyr

Skaliegasontginning sonder besoedeling?

Sedert Shell sy belangstelling in ‘n skaliegas eksplorasieprogram in die Karoo bekendgemaak het, neem die omvang en venyn van die anti-skaliegas veldtog daagliks toe. Belangrike instansies neem onwrikbare posissies teen skaliegas in deur bloot die populêre groen pers na te praat. Die voorgestelde ontginningspraktyke word as onvermydelik gevaarlik en onaanvaarbaar bestempel. Aangesien ‘n spanningslyn altyd

Lees verder: Skaliegasontginning sonder besoedeling?

Geen belasting as dienste uitbly

Die Vryheidsfront Plus het gewaarsku dat die ANC uit ‘n klein minderheid Suid-Afrikaanse belastingbetalers se hand eet, maar dat hierdie minderheid toenemend voel dat hulle byna geen waarde vir hul geld terug ontvang nie.   Die VF Plus het ook gesê dat die party se slagspreuk vir die munisipale verkiesing, “geen dienste, geen belastings”, fokus

Lees verder: Geen belasting as dienste uitbly

Hoop vir Wendyhuisbewoners

Hoop het vir Wendyhuise inwoners van die Wesmoot opgevlam nadat vyf regters in die Appélhof oor ‘n soortgelyke saak waarin die Johannesburg-metroraad betrokke is, in die guns van die inwoners beslis het.   Die Streekleier van die Vryheidsfront Plus in Pretoria, mnr Philip van Staden, het op die uitspraak vroeër die week in die Appélhof

Lees verder: Hoop vir Wendyhuisbewoners

FW erken ‘dit was ‘n groot fout’

Mnr. FW de Klerk, die voormalige president van Suid-Afrika, het erken dat hy “’n groot fout begaan het deur summier aan die ANC oor te gee. Ek en Roelf Meyer het onlangs met mekaar gepraat en hy was ook van mening dat ons aanvaarding van die Pretoria-minuut destyds ‘n ramp was.” Volgens De Klerk het

Lees verder: FW erken ‘dit was ‘n groot fout’

Ondergrondse kernsentrales?

Terwyl Japan sukkel om die ramp by die Fukushimakernkragsentrale onder beheer te bring, is Indonesië besig om ‘n nuwe strategie wat die moontlike gevolge van ‘n kerninsident kan verminder te oorweeg. Die New Scientist berig dat die regering van Indonesië ‘n ondersoek na die haalbaarheid vir die gebruik van ondergrondse kernreaktors gelas het. Die logika

Lees verder: Ondergrondse kernsentrales?

Opwindende week vir Malema

Dit was ‘n opwindende week vir die ANC-Jeugliga (ANCYL). Woensdag was sy president Julius Malema die gas op Metro FM, The Star het ‘n apologie gepubliseer vir valse beriggewing oor Malema en die Jeugliga se webwerf is deur plaaslike “hackers” aangeval. ‘n Boodskap deur die aanvallers waarin Malema sê dat hy besluit het om te

Lees verder: Opwindende week vir Malema

Intelligensiehoof het glo bande met rampokker

Genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie, word glo gesoek nadat hy na bewering ingemeng het met die Valke-ondersoek in die saak teen ‘n Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir. ‘n Lasbrief is Woensdag uitgereik vir Mdluli se inhegtenisname. “Ja, daar is ‘n lasbrief uitgereik en die polisie sal daarop reageer,” het kol. Vish Naidoo,

Lees verder: Intelligensiehoof het glo bande met rampokker